
Uitwerking van pandemie op skole kommerwekkend
Weens die pandemie was Suid-Afrikaanse skoolkinders die afgelope twee kalenderjare minstens driekwart van ʼn skooljaar nie op skool nie. Dit het ʼn groot uitwerking gehad op hoeveel hulle kon leer en het kinders in verskillende omstandighede verskillend getref. RESEP, die navorsingsgroep oor die ekonomie van sosiale beleid by die Departement Ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch, het met steun van die Millennium Trust en die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, ʼn belangrike studie oor hierdie leerverliese onderneem.
In dié studie is die 2021 Wes-Kaapse sistemiese toetse in wiskunde en taal in grade 3, 6 en 9 ontleed en die resultaat met dié van die 2019 toetse vergelyk. (Slegs die vrae wat in beide jare gevra is, is in ag geneem.) Hierdie studie bied die eerste omvattende oorsig oor die uitwerking van die pandemie op leerverliese vir ʼn hele provinsie, in arm sowel as ryk skole. Die resultate is kommerwekkend.
- Om 'n opsomming van die verslag of die hele verslag te lees, kliek hier.
- 'n Artikel oor die bogenoemde RESEP-studie is op 20 Mei 2022 onder Menings in die Herold Live gepubliseer. Lees die artikel, Urgent need to plug gaps in education caused by pandemic, hier.
- Foto deur Feliphe Schiarolli op Unsplash