
Talent Ontwikkelingsprogram - 'n Suksesvolle 2018
Die Talent Development Programme (TDP) is 'n gesamentlike innisiatief deur die Departement van Wetenskap en Tegnologie en die Universiteit Stellenbosch Sentrum vir Pedagogie (SUNSEP). Dit is 'n gesogte residensiële en akademiese verryking intervensie wat daarop gemik is om die gaping tussen skoolverlaters en universiteite te oorbrug.
Die projek het ten doel om die volgende uitkomste te bereik:
- Die ontwikkeling van “Thought Leaders" deur blootstelling van leerders aan hoë-orde akademiese denke en tegnieke.
- Die verbetering van akademiese prestasie nie in veral Wiskunde en Fisiese Wetenskap,
- Die ondersteuning van toppresterende leerders om kanse om toegang tot hoër onderwys verkry te verbeter,
- Om ʼn ingesteldheid vir lewenslange leer by leerders aan te moedig
- Om leerders met potensiaal aan te moedig om te streef na loopbane in Wetenskap, Tegnologie, Ingenieurswese, Wiskunde en Innovasie (STEMI).
Die program bied vir top presteerders in al nege provinsies:
- ʼn fokus op hoë-orde akademiese inhoudseleksies, aangebied word deur vakspesialiste in beide Wiskunde en Fisiese Wetenskap;
- 'n gestruktureerde akademiese program wat deur Dr. Sharon Malan van SUNCEP via die Telematiese-platform aangebied word. Die program fokus ondermeer op tydsbestuur, persoonlike ontwikkeling, beplanning, studiemetodes en doelwitstelling en die sosiale media word ingespan om die program sover moontlik ʼn interaktiewe leerervaing te maak.
- Universiteits toegangsbystand word gelewer aan leerders deur koppeling met tersiêre instansies in Suid-Afrika, hulp met. Leerders word bygestaan met programkeueses, die prosesering van universiteitsaansoeke, en die verkenning van befondsingsmoontlikhede.
720 leerders vanuit al 9 provinises het 2018 DST vakansieskole bygewoon. Elk van die 9 sentra het uit 40 Graad 11 en 40 Graad 12-leerders bestaan. 'n Die leerder tot tutor verhouding van 20:1 is by elke sentrum gehandhaaf terwyl daar verseker is dat elke sentrum oor n IKT-hub met toegang tot universiteitsplatforms, akademiese hulpbronne en beursportale beskik.
NSS 2018 RESULTATE
In 2018 het drie van die TDP leerders die NSS nasionale uitblinkers lys van die Departement van Basiese Onderwys gehaal:
- Kwintiel 1 skole: Tweede plek: Muzomuhle William Mthembu


- Kwintiel 2 skole: Derde plek: Bongumenzi Cedric Ndlovu


- Kwintiel 3: skole: Derde plek: Felicia Makondo
