
Rektorsuitnodiging na personeelbyeenkoms
02 Maart 2017
Prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier aan die US, het onlangs personeel uitgenooi na die eerste personeelbyeenkoms van 2017 op 3 Maart. Personeel word aangemoedig om te RSVP vir die geleentheid.
Die oogmerk van die byeenkoms is om terugvoer te gee uit die Institusionele Beplanningsforum (IBF) en die Raadsvergadering wat in Februarie plaasgevind het, aangesien die besprekings en besluite van albei hierdie forums tersaaklik is vir die Universiteit Stellenbosch se toekoms.