
Redes vir swak openbare dienslewering aan weerlose gemeenskappe ondersoek
Prof Ronelle Burger, ˈn hoogleraar in Ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch, het haar intreerede met die titel Amplifying the voices of our communities, op 20 Augustus 2019 gelewer.
Prof Burger se navorsing stel ondersoek in na die redes waarom weerlose gemeenskappe sulke swak openbare dienste ontvang. Haar werk is in invloedryke akademiese ontwikkelings- en gesondheidspublikasies gepubliseer, waaronder Lancet Global Health; Economic Development and Cultural Change; en World Development.
Sy dien in die redaksie van die vaktydskrif Journal of Development Studies, en is mederedakteur van Development Southern Africa. Sy is ˈn navorsingsgenoot by die Partnership for Economic Policy, asook die sentrum vir navorsing in ekonomiese ontwikkeling en internasionale handel by Nottingham Universiteit. Sy het al as konsultant opgetree vir die nasionale regering en provinsiale owerhede, asook vir multilaterale donateurs soos UNICEF en die Wêreldbank.
- Vir verdere inligting, kliek hier.
- Om na 'n video oor die intreerede te kyk, kliek hier.
- Foto's deur Anton Jordaan:Hooffoto: V.l.n.r. is proff Ingrid Woolard, dekaan van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe; Ronelle Burger; en Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch.Foto regs: Prof Ronelle Burger en haar gesin saam met haar broers (agter in die middel), ouers (aan die regterkant) en skoonouers (aan die linkerkant).