Skip to main content
​Provinsie se internasionale opvoeders vergader by US

​Provinsie se internasionale opvoeders vergader by US

Amanda Tongha
05 Oktober 2017

Personeel van internasionale kantore by al vier universiteite in die Wes-Kaap het op Donderdag, 5 Oktober by die Universiteit Stellenbosch byeengekom. Die geleentheid was vir 'n IEASA-streeksvergadering.  IEASA is die Internasionale Onderwysvereniging van Suid-Afrika, 'n organisasie wat die internasionalisering van hoër onderwys in die ontwikkelende wêreld bevorder. Die vergadering is deur Universiteit Stellenbosch Internasionaal aangebied met die fokus op internasionale onderwys tendense en strategieë. Onderwerpe wat bespreek is sluit in die Impakanalise van eksterne kwaliteitsversekeringsprosesse van hoëronderwysinstellings (IMPALA) –projek sowel as studies in die buiteland. Daar was ook lesse oor hoe om burgerleiers vir sosiale geregtigheid en terselfdetyd internasionalisering te ontwikkel.

Me Huba Boshoff, Bestuurder van die Sentrum vir Vennootskappe en Internasionalisering by  Universiteit Stellenbosch Internasionaal is tans een van sewe lede van IEASA se nasionale bestuursraad.

Foto: Tichafa Chidzonga