Skip to main content
Protesoptog op Dinsdag 15 Maart 2016

Protesoptog op Dinsdag 15 Maart 2016

Korporatiewe Bemarking / Corporate Marketing
01 Maart 2016

​Die kampusgemeenskap word in kennis gestel van 'n byeenkoms op die Rooiplein tydens middagete op Dinsdag 15 Maart 2016 en 'n optog daarvandaan na die Admin B-gebou waar 'n memorandum om 14:00 aan die Universiteit oorhandig sal word. Die byeenkoms is deur die Stellenbosch Munisipaliteit goedgekeur in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Universiteit Stellenbosch se Kampussekuriteit. Verkeersdruk en voetgangers kan in en om die parkeerarea voor Admin B verwag word vanaf 13:30 tot net na 14:00. Voertuie sal nie die parkeerarea kan binnekom of verlaat nie. Personeel wat in hierdie tydsgleuf moet vertrek of parkeer, word aangeraai om hul voertuie na die periferie te verskuif.