
Prof Magda Fourie-Malherbe: O&L Seminaar
Die seminaar het die veranderende internasionale en nasionale kontekste wat institusionele beleid en praktyk beïnvloed, in oënskou geneem, en het aangevoer dat akademiese leiers gevolglik meer oorweging sal moet skenk aan die beskerming van die integriteit van akademiese werk, die betrokkenheid van die gemeenskap en die aanneem van 'n etiek van omgee. Van hierdie gedagtes is aanvanklik voorgestel tydens 'n Auxin aanbieding oor akademiese leierskap in 2016, en daarna verder ontwikkel, onder andere in gesprekvoering van die Akademiese Leierskap Belangegroep. Moontlike navorsingsprojekte wat aan die einde van 2017 deur die Belangegroep geïdentifiseer is, sal ter tafel geplaas word vir oorweging en bespreking deur die seminaargangers.
Vir 'n podgooi van die seminaar asook die power point aanbieding, besoek: http://www.sun.ac.za/afrikaans/learning-teaching/ctl/t-l-resources/t-l-seminars