Skip to main content
PhD: Departement Genetika, Universiteit Stellenbosch

PhD: Departement Genetika, Universiteit Stellenbosch

Rouvay Roodt-Wilding
17 Januarie 2018

Snoek (Thyrsites atun) is 'n kulturele, ekonomiese, en ekologiese belangrike visspesie in die WesKaap. Plaaslike Suid Afrikaanse populasies (Kaapse snoek) word geteiken deur tradisionele lynvisserye, kleinskaalse kommersiële visserye, en gevang as byvangs in treilvisserye. Thyrsites atun se verspreidingsgebied strek oor die koue gematigde gebeide van die Suidelike halfrond. Onlangse molekulêre data het die taksonomiese status van Kaapse snoek in twyfel getrek, en voorgestel dat dit dalk 'n aparte spesies mag wees van sy direkte (ingevoerde) kompetisie in die SuidAfrikaanse mark, die Nieu Seelandse snoek (ook bekend as barracouta). Verder is daar min bekend aangaande die genetiese samestelling van die plaaslike Suid Afrikaanse wilde populasies, wat huidglik as een enkele groepering bestuur word. Bevestiging van die taksonomiese status van die Kaapse snoek  sal dus belangrike inligting verskaf vir hierdie WesKaapse mariene hulpbron en die vissery gemeenskappe geasssosieer met hierdie spesie.

Onlangse vooruitgang in hoë-deurvloei volgordebepalingstegnieke maak die daarstelling en gevolglike studie van grootskaalse genomiese data vir nie-model spesies met min grondslag data, moontlik.

Die voorstestelde navorsingsprojek sal waarde toevoeg tot die Kaapse snoek deur die taksonomiese status van plaaslike populasies uit te klaar. Dit sal bereik word deur gebruik te maak van volgende generasie volgordebepalingstegnieke en deur die gevolglike data te myn vir genetiese merkers wat in staat is om intra- en interspesifieke genetiese verwatskappe te ondersoek wat gevolglik toepgepas kan word om die filogeografie van die spesie deur die totale verspreidingsgebied te ondersoek.

Die navorsing sal geskied in die Molekulêre Telings en Biodiversiteits Laboratorium by Universiteit Stellenbosch in die Departement Genetika.

Die kandidaat moet in besit wees van 'n M.Sc graad in Genetika of 'n naverwante studierigting en moet 'n sterk agtergrond hê in molekulêre genetika. Praktiese ervaring met populasie en / of evolusionêre genetika sagteware en data analise sal as sterk aanbeveling dien.

Die projek word befonds deur die NNS KPGN en 'n beurs is beskikbaar vir die suksesvolle kandidaat.

Geskikte kandidate word versoek om 'n aansoekbrief in te dien met inligting rakende kundigheidsareas,  navorsings belangstellings en ondervinding asook die besonderhede (name en kontakdetails) van ten minste twee akademici wat betrokke was by die aansoeker as studieleier, of wat vir die aansoeker klasgegee het of saam met die aansoeker gewerk het.

Navrae en aansoeke moet gerig word aan Prof. Rouvay Roodt-Wilding by [email protected]. Die sluitingsdatum vir indiening van aansoeke is 31 Januarie 2018.