
Ope dialoogreeks oor ras
Studies in Historiese Trauma en Transformasie bied 'n reeks ope gesprekke oor ras aan. Die gesprekke word gelei deur bruin, swart en wit vroue wat volgehoue gesprekke voer oor ras, rassisme en die ervaring van die werklikhede oor ras en hoe dit in hul alledaagse verhouding met mekaar uitspeel.
Prof Pumla Gobodo-Madikizela, bekleër van die Navorsingsleerstoel in Historiese Trauma en Transformasie, sal die gespreksreeks fasiliteer.
"Ons stel veral belang om te leer oor die moontlike transformatiewe oomblikke wat in hierdie dialoogprosesse uitgelig word tydens hul interaksies met 'die ander'. Dit gaan ook daaroor om moeilike dieperliggende kwessies in gesprekke oor ras te verstaan," sê prof. Pumla Gobodo-Madikizela
Klik onder aan vir die program.
