
Ontmoet Nathan Daniels: #MyTygerMaties60
As deel van ons 60ste vieringe, stel die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe 60 toekomstige gesondheidsorgwerkers bekend wat tans eerstejaars is. Ontmoet Nathan Daniels.
T.O.T. “Tyd-op- taak,” verduidelik Nathan Daniels. “Hoe meer tyd jy aan ’n aktiwiteit spandeer, maak nie saak of dit teken, oefen of studeer is nie, hoe beter sal jy daarmee word.”Dit is met dié ingesteldheid wat Daniels sewe onderskeidings behaal het in verlede jaar se matriekeskamen. Hy is tans ’n eerstejaar MB,ChB-student.
“Ek is baie doelgerig en ek sal alles doen om my doelwitte te bereik,” sê hy. Maar volgens hom sou dit nie moontlik gewees het sonder die opofferings wat sy ma gemaak het nie. “My ma en my ouma (wat nou oorlede is) het altyd in my geweet wat in my steek. Hulle het alles gedoen om te verseker ek is nóu waar ek is. Hulle het werklik uitsonderlike deursettingsvermoë en vasberadendheid getoon, selfs in moeilike tye. Dít motiveer my om die beste te wees wat ek kan wees.”Hy is reeds besig om aan die T.O.T te werk om sy volgende doelwit te bereik: hy spandeer sy vrye tyd grootliks deur na operasies op YouTube te kyk. “Ek wil ’n verskil maak.”Nathan in ’n neutedop:
- Wat is volgens jou die doel van die lewe? “Hê lief, lewe, leer en wees gelukkig.”
- Verskuilde talent? “Ek weet nie hoe verskuil dit is nie, maar ek is nie ’n slegte sokkerspeler nie.”
- Wat sal jy verander van Suid-Afrika as jy kon? “Die geloof wat sekere gemeenskappe koester dat hulle altyd minderwaardig sal wees en dit onmoontlik vir hulle is om die wêreld in te gaan en naam te maak vir hulself.”