
Ontmoet Luné Smith: #MyTygerMaties60
As deel van ons 60ste vieringe, stel die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe 60 toekomstige gesondheidsorgwerkers bekend wat tans eerstejaars is. Ontmoet Luné Smith.As 19-jarige weet Luné Smith nie aldag wat sy vir ontbyt wil hê nie, maar sy weet wel elke dag dat haar besluit om medies te studeer die regte een was. “Ek wil eendag een van die wêreld se beste chirurge wees,” vertel Smith, wat tans ’n eerstejaar en Huis Francie inwoner is.Smith het verlede jaar agt onderskeidings as matrikulant aan die Afrikaans Hoër Meisieskool in Pretoria behaal, waar sy onder meer ook in debat gepresteer het en deel van die skoolkoor was.Smith is dus gewoond aan ’n besige skedule, maar sy erken dat sy soms verpligtinge uitstel, veral tydens eksamens. “Ek doen dan my naels en my wenkbroue. Ek kan ure lank uitstel met ’n pamperlangsessie. As my punte nie goed lyk nie, weet ek ten minste ek sal,” spot sy. Maar sy neem haar studies wel ernstig op. “Ek sal nooit ophou leer voor ek nie gerus voel oor my werk nie. ’n Gesonde dieet en oefengewoontes laat my toe om sulke lang leersessies te oorleef.”Smith maak boonop ook tyd vir klassieke literatuur lees (Wuthering Heights deur Emily Brönte was die mees onlangse een), bergfietsry, netbalspeel, sjokoladekoek bak en kuier saam met vriende. “Mense is my opkikkermiddel.”Oor 10 jaar wil sy reeds…
- Haar graad voltooi het en ’n spesialis-rigting begin leer het.
- 'n Jekyll & Hyde leer toksak besit.
- 'n Kings of Leon konsert gaan kyk het.
- Haar eerste rondte werk vir Dokters Sonder Grense (MSF) kon voltooi of soortgelyke werk in Suid-Afrika kon doen.
- Frans of isiXhosa praat.