Skip to main content
Ondersteuning aan die Tygerberg-kampusgemeenskap

Ondersteuning aan die Tygerberg-kampusgemeenskap

FMHS Marketing & Communications / FGGW Bemarking & Kommunikasie
27 Julie 2017

​Die FGGW-dekaan, Prof Jimmy Volmink, het onlangs goeie nuus oor ondersteuning aan die Tygerberg-kampusgemeenskap gedeel: •    Sedert die begin van die jaar kon ons beurse ter waarde van R1.4 miljoen uit die Fakulteit se Beurs- en Leningsfonds (FGGW Fonds) toeken en daardeur verseker dat geen voorgraadse student uitgesluit is van registrasie vir 2017 nie. Dié ondersteuning is bykomend tot die bestaande befondsing van die Universiteit Stellenbosch en ons eksterne befondsers. Die vernaamste begunstigdes van die FGGW Fonds was studente wat nie finansiële ondersteuning van enige ander bronne kon bekom nie. Ek wil ons opregte dank uitspreek aan almal wat so ruimhartig tot die FGGW Fonds bygedra het. Diegene wat meer wil uitvind oor hoe om te skenk kan hierdie skakel volg: http://www.sun.ac.za/afrikaans/faculty/healthsciences/Pages/Donate.aspx. •    Die Fakulteit het persoonlike ongeluksversekering gekoop vir alle voorgraadse en nagraadse studente. Dit dek ‘n verskeidenheid ongeluksgevalle, insluitend mediese onkoste en skadevergoeding vir MIV-infeksie wat opgedoen word deur naaldprikbeserings. Daar is geen koste hieraan verbonde vir studente nie en alle geregistreerde studente van die FGGW is geregtig op die voordele van hierdie polis. •    Alle studente kan ook nou voordeel trek uit ‘n krisisdiens wat deur die Sentrum vir Studentevoorligting en –ontwikkeling in samewerking met ER24 aangebied word. Die krisisdiens is 24 uur per dag beskikbaar en sluit mediese nooddienste, traumaberading en ‘n mediese blitslyn in en is landwyd beskikbaar. Die noodnommer is 082-557-0880. •    Die Fakulteit bly waaksaam en gaan voort met pro-aktiewe stappe om die veiligheid van ons student en personeel te bevorder. Die US Kampussekuriteit bied nou ‘n beskermingsdiens aan onder die brug direk noord van die kampus. ‘n Wag is weeksdae tussen 06:00 en 18:00 in die area aan diens om die sekerheidsteenwoordigheid tussen die kampus en die stasie te verhoog. •    Ek is ook bly om u te kan inlig dat die senior studente wat tans in die ou Kerkenberg-gebou oorkant die pad woon, in Augustus in ‘n nuwe koshuis op kampus sal intrek. Dit beteken dat alle studente wat in koshuise woon nou op die Tygerber-kampus gehuisves word.

Onderskrif: Prof Jimmy Volmink