Skip to main content
Onafhanklike ondersoek na bewerings van inmenging

Onafhanklike ondersoek na bewerings van inmenging

Korporatiewe Kommunikasie / Corporate Communication
31 Oktober 2019

Mnr George Steyn, Voorsitter van die Universiteitsraad, het vanaand (Donderdag, 31 Oktober 2019) aangekondig dat die Uitvoerende Komitee – UK(R) – van die Raad ʼn resolusie aanvaar het om ʼn onafhanklike ondersoek te gelas na ʼn klagte teen prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch.

Dit volg nadat die Konstitusionele Hof op 10 Oktober 2019 eenparig in die guns van die Universiteit beslis het in die saak waarin die US die aansoek van Gelyke Kanse, om die instelling te dwing om na die 2014 Taalbeleid terug te keer, teengestaan het.

In ʼn brief aan die instelling op 24 Oktober 2019 het dr Leon Schreiber, ʼn US-alumnus, die Raad, via die Registrateur, versoek om die bewerings te ondersoek dat prof De Villiers by die hofsaak probeer inmeng het deur regter Edwin Cameron te probeer oorreed om die Kanseliersamp te aanvaar.

Ooreenkomstig goeie beheer-en-bestuur en deursigtigheid, het die UK(R) besluit om ʼn ondersoek te loods en om die afgetrede regter Burton Fourie aan te stel om die ondersoek te onderneem. Voor sy aftrede in 2017, was hy ʼn jarelange en gerespekteerde lid van die Hoë Hof in die Wes-Kaap en waarnemende lid van die Hoogste Hof van Appèl. Daar word voorsien dat ʼn geskrewe verslag met die bevindings van die ondersoek by die volgende geskeduleerde vergadering van die Raad op 2 Desember 2019 ter tafel gelê en oorweeg sal word.

Prof De Villiers het in reaksie op die besluit gesê: “Ek verwelkom die ondersoek wat die UK(R) aangekondig het.

“Ek herbevestig wat ek verlede week vir die media gesê het. Ek het beslis nie met die regsproses ingemeng nie. Ek is tevrede dat ek in absolute goeie trou opgetree het, en dat die verkiesingsproses korrek verloop het.”

Die Universiteit sal verder oor hierdie saak kommunikeer sodra die Universiteitsraad die aanbevelings wat die ondersoek