
Nuwe visedekaan vir Fakulteit
06 Oktober 2016
Professor Pregalan (Solosh) Pillay is aangestel as die Visedekaan: Sosiale Impak en Transformasie in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe vanaf 1 Oktober 2016.
Sy is ‘n hoogleraar by die Skool vir Publieke Leierskap en direkteur van die Universiteit Stellenbosch se Teenkorrupsie Sentrum vir Onderrig en Navorsing (ACCERUS).
Prof Stan du Plessis, dekaan van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, sê die portefeulje vir sosiale impak en transformasie is só belangrik dat ‘n visedekaansposisie daarvoor geskep is. Hy het prof Pillay gelukgewens en gesê: “Ons sien uit na haar bydrae tot hierdie belangrike portefeulje, asook in die breë fakulteitsbestuur.”