
Nuwe adviesraad vir Fakulteit Natuurwetenskappe
Die nuutgestigte adviesraad van die Fakulteit Natuurwetenskappe by die Universiteit Stellenbosch het vir die eerste keer op Vrydag 4 Maart 2016 by die Stellenbosch Instituut vir Gevorderde Studies (STIAS) vergader.
Prof. Pieter Swart, Visedekaan: Navorsing, sê die doel van die adviesraad is om nouer bande met die industrie te smee: “Die bestuurspan van die Fakulteit Natuurwetenskappe sal ten minste twee keer per jaar met die adviesraad vergader om sake soos die ontwikkeling van studente se vaardighede te bespreek. Onder leiding van die adviesraad wil ons ook kyk na die ontwikkeling van multidissiplinêre benaderings om die komplekse tegnologiese uitdagings van die toekoms die hoof te bied.
“Ons wil terugvoer vanuit die industrie kry oor die vaardighede waarmee ons toekomstige studente moet toerus om as professionele wetenskaplikes in die moderne industriële era te kan funksioneer en floreer,” voeg hy by.
Van die sake wat tydens die volgende vergadering bespreek sal word, sluit in internskappe vir voorgraadse en nagraadse studente; terwyl navorsers in die Fakulteit Natuurwetenskappe voorleggings oor hulle hoofnavorsingsareas sal doen.
Die adviesraadslede vir 2016/2017 is:
Dr. Shirley Ferris (Besturende Direkteur: Whitehead Scientific); Dr. Tertius Cilliers (Tegniese Direkteur: Verkope, DuPont Nutrition & Health, SSA Danisco SA); Mnr. Kobus Viljoen (Besturende Direkteur, Airbus Defence and Space, AIRBUS DS OPTRONICS); Dr. Einar Ronander (Direkteur, Klydon Gas); Prof. Patrick Bouic (Hoof Tegniese Beampte, Synexa Life Sciences); Dr. Luthando Dziba (CSIR, Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing); Mnr. Willem van Biljon (Hoof Uitvoerende Beampte: Takealot.com); Me. Karin van Deventer (Voorsitter, Mineral Education Trust Fund); Mnr. Carlos Costa (Uitvoerende Direkteur: Tegnies en Aankope, Kansai Plascon); Dr. John Mellor (SASOL – Tegniese Bestuurder: polimere, nitrate en oplosmiddels); Mnr. July Ndlovu (Uitvoerende Hoof: Proses, Anglo Platinum); Dr. Thulani Dlamini (Visepresident: Strategiese Navorsing en Tegnologie en CIBI, SASOL); prof. Barry Axcell (Raadgewer, SABMiller plc); Mnr. Luke Brouckaert (Algemene Bestuurder: Tegnies, RCL Foods, Sugar & Milling).
Die Fakulteit is verteenwoordig deur die Dekaan, Prof. Louise Warnich, Prof. Pieter Swart, Visedekaan: Navorsing, Prof. Ingrid Rewitzky (Visedekaan: Leer en Onderrig), Me. Mariétta van den Worm (Direkteur: Fakulteitsbestuur), asook die onderskeie departementele hoofde.
Op die foto, voor van links na regs, me. Karin van Deventer, dr Thulani Dlamini (SASOL), prof Pieter Swart (US), prof Patrick Bouic (Synexa Life Sciences), prof Louise Warnich (US) en dr Luthando Dziba (WNNR). Agter, van links na regs, dr Einar Ronander (Klydon Gas), mnr Carlos Costa (Kansai Plascon), dr Shirley Ferris (Whitehead Scientific), prof Ingrid Rewitzky (US), dr John Mellor (SASOL), dr Tertius Cilliers (DuPont Nutrition) en mnr Kobus Viljoen (Airbus DS Optronics). Foto: Anton Jordaan