
Nominasies ingewag vir posisies in US Raad
Die ampstermyne van vier lede van die Raad van die Universiteit Stellenbosch (US) verstryk op 1 April 2016 en benoemings vir persone om hierdie posisies te vul word deur die registrateur van die US ingewag.
Drie van hierdie raadslede is deur lede van die Konvokasie verkies (sien kennisgewing - http://www.sun.ac.za/english/Documents/Election_Council_Convocation_AFR.pdf) en een deur lede van die donateurskorps (sien kennisgewing - http://www.sun.ac.za/english/Documents/Election_Council_Donors_AFR.pdf).
Die raadslede wie se ampstermyne verstryk, is dr JP (Koos) Bekker, prof DP (Prieur) du Plessis en mnr PJ (Piet) le Roux (verkies deur lede van die Konvokasie) en mnr JJ (Jannie) Durand (verkies deur donateurs).
Skriftelike nominasies vir vulling van die posisies word tot 12:00 op Maandag, 25 Januarie 2016 ingewag.
Elke nominasie moet deur minstens vyf lede van óf die Konvokasie (klik hier vir nominasiebrief - http://www.sun.ac.za/english/…) óf die kieskollege van donateurs (klik hier vir nominasiebrief - http://www.sun.ac.za/english/Documents/Nominasiebrief_Donateurs.doc ) ondersteun word (vergesel van 'n handtekening en ID-nommer) en moet die skriftelike aanvaarding van die nominasie deur die genomineerde onder sy/haar handtekening bevat. Kontakbesonderhede van die kandidaat, 'n kleur- paspoortgrootte foto, 'n bondige CV, 'n kort visiestelling vir die Universiteit (gesamentlik maksimum 50 woorde in Afrikaans en ook in Engels), moet die nominasie vergesel.
Indien meer as drie persone genomineer word, sal 'n verkiesing gehou word. Kandidate mag op 02 April 2016 nie ouer as 70 jaar wees nie.