Skip to main content
Nasionale genootskappe vir onderrigbevordering op universiteit (TAU)

Nasionale genootskappe vir onderrigbevordering op universiteit (TAU)

Karin Cattell
01 November 2016

​​​​Nasionale genootskappe vir onderrigbevordering op universiteit (TAU)

Die genootskapsprogram vir onderrigbevordering op universiteit (TAU) is in 2015 van stapel gestuur as 'n samewerkingsprojek tussen verskeie Suid-Afrikaanse universiteite. Dit staan onder beskerming van HELTASA (die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Leer en Onderrig in die Hoër Onderwys), word deur die Raad op Hoër Onderwys ondersteun en deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding gefinansier.

Doelwitte

  • Om tot die verryking van onderrig en leer in die Suid-Afrikaanse hoër onderwys by te dra deur 'n kader akademici van verskeie instellings en vakrigtings as vakkundiges, leiers en mentors op hulle onderskeie gebiede te help toerus
  • Om die status en statuur van onderrig te versterk en die begrip van onderriguitnemendheid verder uit te bou
  • Om by te dra tot die bepaling van wat onderriguitnemendheid in verskillende institusionele omgewings beteken

Die genootskappe word in tweejaarsiklusse toegeken en elke instelling kan tot drie persone benoem. Benoemdes moet senior dosente wees wat oor ten minste 'n doktorsgraad beskik. 'n Nasionale komitee keur die kandidate.

Vir enige vrae, kontak Karin Cattell ([email protected]) by die Sentrum vir Onderrig en Leer.

Nasionale TAU-genote by die US*

Ons is besonder trots op die volgende nasionale TAU-genote aan die Universiteit Stellenbosch:

*Kontak ons asseblief indien die inligting hieronder onvolledig is.

2018-2019: 

1.      Dr Berna Gerber Afdeling Spraak-Taal- en GehoorterapieFakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

2.      Prof Ian NellDepartement Praktiese TeologieFakulteit Teologie

3.      Dr Helena WesselsDepartement KurrikulumstudieFakulteit Opvoedkunde

2016-2017:   

1. Prof Elmarie Costandius Departement Visuele KunsteFakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe

2. Prof Ian Couper Ukwanda Centre for Rural HealthFakulteit Geneeskunde en Gesondheiswetenskappe

3. Prof. Geo QuinotDepartement van PubliekregFakulteit Regsgeleerdheid