
'n Dapper nuwe wêreld vir US/KU Leuven dinkskrum
'n Dapper nuwe wêreld. Dis waaroor 'n groep nagraadse studente van die Universiteit Stellenbosch (US) en KU Leuven in België oor die volgende paar maande gaan gesels. Die studente, wat duisende kilometers van mekaar op verskillende vastelande is, werk saam as deel van die US/ KU Leuven studentedinkskrumprogram (think tank).
Die dinkskrumprogram, wat vanjaar vir die tweede keer aangebied word, spruit uit 'n voorkeur ooreenkoms met KU Leuven, een van die US se oudste vennoot-universiteite. Dis in 2015 van stapel gestuur met studente van die twee universiteite wat saamwerk en gesprek voer oor kwessies wat hulle , en die wêreld waarin hulle leef, raak. Met internet, e-posse en video konferensie fasiliteite tot hul beskikking , het 16 US-studente verlede jaar saam met hul KU Leuven eweknieë oor 'die toekoms van die stad' besin. Vanjaar bespreek 'n nuwe groep, 16 studente elk van die US en KU Leuven, ''n dapper nuwe wêreld'. Die Matie studente gaan aan maandelikse seminare op die US-kampus deelneem met gassprekers wat gaan praat oor aspekte wat verband hou met die dinkskrumprogram. Dit word opgevolg met 'n twee weeklange besoek van die KU Leuven studente in November.
"Hierdie is van die slimste studente op die kampus," het Huba Boshoff, koördineerder: Sleutel internasionale vennootskappe by die Nagraadse en Internasionale Kantoor (NGIK), aan gaste by die 2016 bekendstellingsgeleentheid gesê. Volgens haar het meer as 'n honderd studente, vanuit verskillende fakulteite en akademiese agtergronde, vir die dinkskrumprogram aansoek gedoen.
Dr Leslie van Rooi, hoof van die Frederick Van Zyl Slabbert Instituut (FVZS Instituut), het die 2016 tema verduidelik en gesê perspektiewe van die Suid-Afrikaanse / Afrikaan en Leuven / Wes-Europese studente ervaring sal deurslaggewend wees. "In die dapper nuwe wêreld wil ons tegnologie met aspekte van die samelewing en gemeenskap saamsmelt en bedreigings en geleenthede wat ons bestaan, of ons mede-bestaan as mens, herontdek."
Robert Kotzé, senior direkteur van die NGIK, het oor die US se lang verhouding met KU Leuven gepraat. "Leuven het 'n belangrike rol in die formalisering en institusionalisering van bilaterale aktiwiteite tussen ons instellings gespeel. Leuven was die eerste afvaardiging wat ek ontvang het toe ons die internasionale kantoor in 1993 begin het."
"Akademiese samewerking met Leuven het 'n sterk akademiese voetspoor agtergelaat met gesamentlike publikasies in 'n wye verskeidenheid van velde. Wat hierdie voorkeur ooreenkoms spesiaal maak is dat die twee instellings besef dat ons verder as die normale studente mobiliteit moet kyk, die rede hoekom ons die dinkskrumprogram begin het."
Hy het aan die studente vertel die dinkskrumprogram verleen 'n internasionale dimensie tot hul studies.
Simphiwe Khoza, 'n MComm Ekonomie student en lid van die dinkskrumprogram, het gesê sy sien uit na sinvolle gesprekke. "Ek is veral opgewonde oor almal se uiteenlopende akademiese agtergronde. Ek glo dat dit sal 'n vars perspektief gee aan ou probleme waarvoor nuwe oplossings nodig is."
Foto: Van die US / KU Leuven dinkskrumprogram studente met personeel van die Nagraadse en Internasionale Kantoor, Frederick Van Zyl Slabbert Instituut en Afdeling Studentesake.