
Molekulêre Teling en Biodiversiteit Groep neem die kollig by SAGS-SASBI konferensie in Durban
Die Universiteit van KwaZulu-Natal, was vanjaar die gasheer van die gesamentlike tweejaarlikse konferensie van die Suid-Afrikaanse Genetiese Vereniging en die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Bioinformatika (SAGS-SASBI) in Durban vanaf die 20ste tot 23 September 2016. Drs. Aletta Bester-van der Merwe en Clint Rhode het die groot Stellenbosch groep van die Molekulêre Teling en Biodiversiteit (MBB) groep gelei, waaronder drie PhD-, vyf MSc- en drie Hons-kandidate was. Daar was ʼn totaal van 12 konferensiebydraes wat bestaan het uit praatjies en plakkaataanbiedings. Kelvin Hull (HonsBSc kandidaat) het ʼn toekenning ontvang vir die beste studente plakkaataanbieding vir sy werk rakende forensiese identifikasie van kommersiële uitgebuite haaie. Beide Drs Bester-van der Merwe en Rhode is herverkies tot die uitvoerende komitee van die Suid-Afrikaanse Genetiese Vereniging (SAGS) as Bemarking en Kommunikasie beampte en Tesourier onderskeidelik. Simo Maduna, 'n PhD kandidaat ook betrokke by haaigenetika navorsing, was verkies as studenteverteenwoordiger.
Agter: Kelvin Hull (Hons), Gibbs Kuguru (MSc), Tassin Jackson (Hons), Rozane Badenhorst (MSc)
Voor: Francois Jenkins (MSc), Ruth Dale Kuys (PhD), Marioné Niemandt (MSc), Simo Maduna (PhD), Melt Hugo (Hons), Dr Clint Rhode, Dr Aletta Bester-van der Merwe, Khethani Mhelembe (PhD)