Skip to main content
In memoriam: Prof Marius de Waal

In memoriam: Prof Marius de Waal

Prof Nico Koopman: Deputy Vice-Chancellor: Social Impact, Transformation and Personnel / Viserektor: Sosiale Impak, Transformasie en Personeel
23 April 2021

​​23 April 2021

Beste Kollegas Dit is met groot leedwese dat ons die Stellenbosse universiteitsgemeenskap inlig oor die onlangse afsterwe van professor Marius de Waal. Prof De Waal was 'n voormalige dekaan van die Fakulteit Regsgeleerdheid en huidige voorsitter van die departement Privaatreg by die Universiteit Stellenbosch (US). Hy was 'n toegewyde akademikus wat plaaslik en internasionaal besondere aansien geniet het vir sy groot bydrae tot Erfreg en Trustreg. Hy het tot verskeie vooraanstaande publikasies op hierdie vakgebiede bygedra, waarvan die belangrikste as medeskrywer van die gesaghebbende werk, Honoré's South African Law of Trusts, was.Hy het in 2017 die US se Kanselierstoekenning vir navorsing ontvang en was ook ’n genoot van Alexander von Humboldt-stigting in Duitsland.   Hy sal deur sy kollegas onthou word as ’n begaafde en simpatieke dosent wat besondere moeite gedoen het om studente met sy glashelder uiteensettings deur komplekse regsgebiede te begelei. Hy was as mens bekend vir sy buitengewone integriteit, kollegialiteit en nederigheid.   Ons is as Universiteitsgemeenskap baie hartseer oor die verlies van ons kollega en wil graag ons innige medelye aan sy gesin, vriende en onmiddellike kollegas betuig.   Ons herinner kollegas in hierdie tyd van gesamentlike droefheid en rou aan die emosionele bystand wat beskikbaar is. Raadpleeg gerus die webblad vir Werknemerwelwees vir kontakbesonderhede.

In deernisvolle verbondenheidProf Nico Koopman Viserektor: Sosiale Impak, Transformasie en Personeel