
'MBA motiveer jou om gedurig die status quo te bevraagteken’
"Daar is 'n goue draad wat deur die modules van die MBA loop en dit motiveer jou om gedurig die status quo te bevraagteken. Ek het geleer dat nuwe idees die breinkos vir enigiets is, van leierskap tot rekeningkunde."
Só sê Wynand Viljoen, ʼn argitek en MBA Modulêre-student. Die 2016 USB-MBA- Modulêre groep het verlede week met hulle eerste blok van klasse by die Universiteit van Stellenbosch Bestuurskool (USB) begin.
Hy sê reeds gedurende die mallemeule van die eerste blok van die Modulêre MBA-program het hy tot die besef gekom dat hy iets met die filosoof Socrates en Game of Thrones se Jon Snow gemeen het: "Ons weet dat ons niks weet nie."
Ten spyte van die angstigheid wat hierdie wete meegebring het, het hy gerusstelling gevind in die woorde van twee fakulteitslede, naamlik dr Kobus Serfontein (hoof van die Leierskapontwikkelingsprogram) en prof Mias de Klerk (dosent in Menslike Kapitaalbestuur). Hulle het hom oortuig die MBA-program is die beste plek om jou te bevind wanneer jy tot die besef gekom het dat jy "bewustelik onvaardig" is.
"Dit bring 'n ongekende gevoel van opgewondenheid mee wanneer iemand 'n hele wêreld van nuwe inligting teenoor jou blootlê wat jy 'n week tevore nie eens geweet het bestaan nie. My mede-studente het gedurende ete só daarna verwys: 'Dit voel asof iemand jou gedagtes oopkloof'," vertel Wynand.
Omdat hy uit 'n kreatiewe agtergrond kom, het dié argitek (wat ook na homself as 'n kunstenaar verwys) gevrees dat die MBA-program dalk meer op finansies en bestuur ingestel sal wees en minder op innovasie. Dit was 'n verkeerde aanname. Nou besef hy dat 'n goue draad deur die modules loop, wat studente dwing op gedurig die status quo te bevraagteken.
"Ek het tot die besef gekom dat nuwe idees voeding vir die brein is – van leierskap tot boekhouding," aldus Wynand.
Einde ten laas hang die MBA-ervaring af van wat studente daarvan maak, meen hy. "Jy kan in die klas kom sit omdat jou maatskappy jou gestuur het en jy die program moet voltooi, of jy kan die ongelooflike impak van die program op jou lewe omarm."
Wynand weet wat vir hom sal werk. Net deur laasgenoemde te doen sal studente werklik op die brander van ry van die kennis wat hulle tegemoet kom, sê hy.