Skip to main content
Maties Sport ontvang toekenning van Cape Epic

Maties Sport ontvang toekenning van Cape Epic

Maties Sport Media
02 April 2019

Die Universiteit Stellenbosch se Coetzenburg-sportvelde is as die beste venue van die 2019 Absa Cape Epic aangewys.

Mnr. Jerry Laka, Direkteur: Maties Sport, het die toekenning namens die US ontvang.

Dag 5 het op die Vrydag by Coetzenburg klaargemaak, Saterdag se Skof 6 is by Coetzenburg aangebied, terwyl die 1 200 fietsryers die velde op die Sondag verlaat het om die veeleisende bergfietskofwedren by die Val de Vie-landgoed buite die Paarl te voltooi.

Coetzenburg se C-veld is as 'n helikopterlandingsblad gebruik, terwyl al die velde tussen die Danie Craven-stadion en die hoofkrieketveld in die wedrendorp verander is.

Ander venues van vanjaar se Cape Epic sluit die Universiteit van Kaapstad, Hermanus en Oak Valley in.

“Coetzenburg is 'n spesiale plek. Hierdie toekenning sou nie moontlik gewees het sonder spesiale mense soos die Maties Sport-span nie, wie se doelwit dit altyd is om operasionale uitnemendheid na te streef," het me. Ilhaam Groenewald, Hoofdirekteur: Maties Sport, gesê.

“Spesiale vermelding moet gaan aan die US se Fasiliteitsbestuur-afdeling en veral mnr. Louis Fincham, asook ons Maties Sport-geleentheidkoördineringspan wat bestaan uit mnr. Laka, me. Cindy van der Merwe en me. Kim Coetzee, en alle ander steundienspersoneel.

“Dankie ook aan die Cape Epic-span wat ons gekies het en ons sien uit daarna om nog baie Cape Epic-geleenthede aan te bied."

Die Cape Epic het voorheen van die Spier-landgoed, Hoërskool Stellenbosch en Boschendal-wynlandgoed gebruik gemaak toe hulle Stellenbosch besoek het.