Skip to main content
Jongste nuus oor Beweging teen Geslagsgebaseerde Geweld-werkgroepe

Jongste nuus oor Beweging teen Geslagsgebaseerde Geweld-werkgroepe

Student Affairs
28 Januarie 2020

​Die Beweging teen Geslagsgebaseerde Geweld US het op 9 September 2019 'n memorandum aan die Rektoraat van die Universiteit Stellenbosch (US) oorhandig. Gesamentlike werkgroepe is saamgestel om 'n sistemiese reaksie op die bekamping van geslagsgebaseerde geweld (GBV) te ontwikkel en om die kwessies wat in die memorandum en die daaropvolgende antwoord van die bestuur geopper is, aan te spreek. Elkeen van die ses werkgroepe is onder toesig van 'n lid van die Rektoraat en het verteenwoordiging van die mees relevante Universiteitstrukture wat verband hou met die betrokke onderwerp, sowel as studente-verteenwoordiging.

Die werkgroepe rapporteer aan die Rektoraat deur die Senior Direkteur: Studentesake, dr Choice Makhetha. Die werkgroepe sal weer in Februarie 2020 bymekaarkom en ons beoog om die eerste konsepverslag teen die begin van April 2020 gereed te hê. Hierdie konsepverslag sal aan die Rektoraat voorgelê word en vandaar sal verdere stappe bepaal word en breedvoerig aan die US-gemeenskap gekommunikeer word.

Om toegang tot die werkgroepe te verbreed, nooi ons studente en personeel uit om skriftelike insette by die voorsitters van die werkgroepe in te dien. Kontak ons gerus:

  1. Waardes en beginselsMe Monica du Toit
  2. Veiligheid en sekuriteitDr Viljoen van der Walt
  3. Opleiding en bewusmakingMe Tonia Overmeyer
  4. Koshuise en struktureMe Ruth Andrews
  5. Prosedures en prosesseMe Felicia van Rooi
  6. Geestesgesondheid en drank- en middelmisbruikDr Munita Dunn-Coetzee

As jy met 'n spesifieke werkgroep in verbinding wil tree, kontak gerus die voorsitter soos hierbo aangedui. Alle algemene navrae oor die gesamentlike werkgroepe kan gerig word aan [email protected].