Skip to main content
HELTASA: Digitale Dialoog en (un)Conference uitnodigings

HELTASA: Digitale Dialoog en (un)Conference uitnodigings

Claudia Swart-Jansen van Vuuren
20 Julie 2023

Die jongste nuus van HELTASA volg. Die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Onderrig en Leer in Hoër Onderwys (HELTASA) is ʼn beroepsvereniging vir opvoeders en ander belangrike rolspelers in die tersiêre sektor.

Uitnodiging na Digitale Dialoog

Die volgende Digitale Dialoog, “Dismantling Buzzwords in Educational Technology" (Die Aftakeling van Gonswoorde in Opvoedkundige Tegnologie), sal op Donderdag 27 Julie van 12:00 tot 13:30 aangebied word. Daar word baie vinnig op die gebied van opvoedkundige tegnologie (EdTech) gevorder en ons vind dikwels dat ons terme gebruik wat omstrede of swak omskryf is, of oormatig gebruik word. Konsepte soos die Vierde Industriële Revolusie (4IR), digitale inboorlinge en digitale transformasie kom algemeen voor en word soms as vanselfsprekend aanvaar. Personeel en studente in hoër onderwys gaan soms met hierdie konsepte om asof dit ʼn gegewe is, of universeel verstaan word. HELTASA is op soek na maniere om ons te help ontleed waar hierdie konsepte vandaan kom en watter soorte diskoers daardeur geïmpliseer word. Kan hierdie woorde op ander maniere beskou word? Hulle wil ook uiteensit hoe sommige van hierdie terme by die doelwit van Suider-Afrikaanse hoër onderwys inpas. Die uitnodiging is op die webwerf en jy kan met hierdie skakel registreer.

Oproep om Deelname: HELTASA-konferensie: 24-26 Oktober

Sluit by HELTASA aan vir die jaarlikse HELTASA-konferensie, wat op die Vanderbijlparkkampus van die Noordwes-Universiteit aangebied sal word. Die tema is “Celebration of Scholarship: Connecting the Lights" (Viering van Akademieskap: Koppeling van die Ligte). Dit sal ʼn hibridiese geleentheid wees en afgevaardigdes sal dus in persoon of aanlyn kan deelneem. Let asseblief daarop dat aanbieders egter in persoon aanwesig sal moet wees. Vir meer inligting, raadpleeg die oproep om deelname of registreer vir die konferensie. HELTASA wil jou graag by HELTASA 2023 sien en alles oor afgevaardigdes se onderrig-leer-assesseringservarings en -akademieskap in 2023 verneem! 

Reaksie op KI: Opname van Digitale Dialoog

As jy die Digitale Dialoog van 24 Mei, “How are Institutions Responding to AI?" (Hoe Reageer Instellings op KI?), misgeloop het, kan jy die opname op die gedeelde Google Drive opspoor. Jy kan ook die skyfies met die response op die vrae van die meningsopname en prof Blackie se voorlegging besigtig.

Nuus:

    1. Die Hoëronderwysraad (HOR) vra vir referate deur navorsers wat in kunsmatige intelligensie (KI) en die hoër onderwys belangstel. Navorsers word versoek om manuskripte voor te berei en vir oorweging vir publikasie in die vyftiende uitgawe van Kagisano voor te lê. Die sperdatum vir manuskripte is 2 Oktober.  
    2. In Junie het die HOR Kommunikasie 5 van 2023 vrygestel, wat handel oor die verlenging van die toegewing aan programme wat vir die kontakleweringsmodus geakkrediteer is, om steeds deur afstands-, aanlyn en/of gemengde leweringsmodusse aangebied te word, die ontwikkeling van ʼn praktykstandaard vir hoër onderwys (HEPS) en ʼn tematiese oorsig oor hierdie gebied. 
    3. MYFEST 2023 of die Midjaarfees, wat deur Equity Unbound aangebied word, vind in Junie, Julie en Augustus plaas. Besoek hulle webwerf vir meer inligting.​
    4. About HELTASA.pdf

    Van HELTASA se Digitale Leer- en Onderrigspan ontvang

    https://heltasa.org.za/