
#helloMaties - Bly veilig
Die Universiteit Stellenbosch (US) beskik oor 'n toegewyde Kampusveiligheidspan wat verskeie inisiatiewe van stapel laat loop het ten einde 'n veilige kampus vir alle studente en dosente te verseker. Dié sluit onder meer die volgende in:
Veiligheidsbegeleiding saans:
Indien jy saans (20:00 – 05:00) tussen geboue op kampus moet stap, of van 'n gebou na jou motor, sal 'n veiligheidsbeampte jou vergesel. Skakel 021 808 2333, of alternatiewelik 021 808 4202, en wag dat 'n beampte by jou aansluit. Jy kan ook die veiligheidskantoor by 082 808 2333 WhatsApp om jou te kontak.
Kampuspendeldiens:
Op weeksdae loop dié diens op vaste skedule van 07:00 tot 17:30 vanaf die algemene parkeerterrein op die rand van die kampus na die sentrale kampus (verwys: www.sun.ac.za/mobility-shuttles). Saans is dit van 18:00 tot 02:00 vanaf die parkeergebied by die Neelsie se hoofingang (aan die oostekant van die gebou) beskikbaar. Die bussies loop op 'n 6km radius van die sentrale kampus. Hierdie diens is van Maandag tot Sondag in klas- en eksamentyd beskikbaar. Jy moet jou studentekaart kan toon om van hierdie diens gebruik te maak.
Veiligste roetes:
Bosman- en Victoriastrate is die veiligste roetes. Saans is daar 'n veiligheidsbeampte aan diens in die mobiele veiligheidskiosk.
Studente word aangemoedig om die volgende noodnommers op hulle selfone te stoor:
Stellenboschkampus 24-uur noodnommer:
- 021 808 2333
Navrae / rapportering / veiligheidsbegeleiding:
- 021 808 2333 of alternatiewelik 021 808 4202
Tygerbergkampus 24-uur noodnommer:
- 021 938 9507
WhatsApp:
- 082 808 2333
Besoek die Kampusveiligheidsnetwerk vir nadere besonderhede by: www.sun.ac.za/safety