Skip to main content

Gauteng Inligtinsaand for toegelate US aansoekers

Division for Student Access | Afdeling Studentetoegang
30 Augustus 2019

Naas die Wes-Kaap, is Gauteng die Universiteit Stellenbosch (US) se grootste toevoerprovinsie. Daarom het die Afdeling Studentetoegang en fakulteite van die US saamgespan om 'n inligtingsaand, vir naastens 1000 voorlopig aanvaarde studente en hulle ouers by die Mosaiek Leefstyl Sentrum in Johannesburg, aan te bied. Die doel van die geleentheid is om die registrasiesyfers vir 2020 te probeer verhoog en ook verhoudings met skole en voornemende Maties te bou en te versterk.

Ons erken die kritieke fase waarin hierdie leerders hul bevind en ons gebruik die geleentheid om 'n bewustheid te skap van wat die US hulle kan bied. Beide ouers en studente het die geleentheid gehad om enige moontlike bekommernisse of vrae deur die kundiges beantwoord te word. 

Sprekers het onder meer gepraat oor Waarom Maties 'n goeie keuse is (Rektor en Visekanselier: Prof Wim de Villiers), Op pad na US (Adjunk Direkteur: Studentewerwing en Loopbaanadvies - Dr Gillian Arendse) en Hoe US my voorberei het (Alumni: Janine Jellars). 

Die Afdeling Studentetoegang bedank graag al sy vennote oor die hele Universiteit wat hierdie Gautengse geleenthede 'n sukses help maak het. Ons sien daarna uit om in 2020 die vrugte daarvan te pluk.​