Skip to main content
Eksamenopsieners benodig

Eksamenopsieners benodig

Korporatiewe Kommunikasie / Corporate Communication
05 April 2017

​Persone wat as opsieners diens wil doen tydens die US-eksamens vanaf Dinsdag 16 Mei 2017 tot Vrydag 23 Junie 2017, het nou geleentheid om aansoek te doen tot Woensdag 19 April 2017.

Minimum kwalifikasie Matriek, maar voorkeur sal verleen word aan gegradueerde US personeel en nagraadse studente. Voorgraadse studente kwalifiseer ongelukkig nie. Doserende personeel moet toestemming van hul Dekaan verkry, maar geen vakansieverlof hoef aangevra te word nie.

Vergoeding beloop R72,00 per uur, plus 'n addisionele halfuur per eksamensessie vir opsieners, en 'n addisionele twee ure per eksamensessie vir konvenors. Vergoeding vir alle toesighouding vir die twee eksamengeleenthede sal einde Julie 2017 betaal word.

Aansoekvorms sal beskikbaar wees vanaf Maandag 03 April 2017 by die Inligtingstoonbank, Admin A. Sluitingsdatum vir aansoeke is Woensdag 19 April 2017 om 16:00. Kontak Miriam Walters by 021 8089111 vir verdere navrae. Indiening van 'n aansoekvorm waarborg nie aanstelling nie.