Skip to main content
EBW verwelkom nuwe dekaan

EBW verwelkom nuwe dekaan

Ronel Beukes & Pia Nänny
02 Mei 2018

Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe verwelkom vandag sy nuwe dekaan, prof Ingrid Woolard, wat op 1 Mei by die Universiteit Stellenbosch aangesluit het.

Prof Woolard, ʼn internasionaal gerekende en gerespekteerde akademikus, is die eerste vrou was as dekaan in die 93-jarige geskiedenis van die fakulteit dien.

“Ek sien uit na die uitdaging om die US se grootste fakulteit te lei. Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe is bekend vir sy studentgesentreerde benadering en uitstekende resultate en ek is opgewonde om by so ʼn toegewyde span aan te sluit," het sy gesê.

Prof Woolard het vier kernelemente as die sleutel tot die voortgesette sukses van die fakulteit geïdentifiseer: die verbreding van toegang vir studente, versterking van navorsinguitnemendheid, versnelling van transformasie van die personeelkorps en versekering van die relevansie van die kurrikulum.

  • Kliek hier om meer oor prof Woolard se aanstelling te lees.