
Dissiplinêre verhore voortgesit
Die verhore van elk van die 12 studente wat geskors is hangende die uitslag van ʼn dissiplinêre proses het Donderdag (13 Oktober 2016) afgeskop (3 verhore het reeds plaasgevind) en sal hierdie week voortgaan.
Die individuele verhore van die eerste drie studente is Donderdag en Vrydag in hul afwesigheid afgehandel nadat hulle versuim het om voor die Sentrale Dissiplinêre Komitee (SDK) te verskyn. Al drie studente, en hul regsverteenwoordiger, is vroegtydig van die datum, tyd en plek van die verhore in kennis gestel. Die Studente Dissiplinêre Kode maak voorsiening vir verhore wat in absentia kan plaasvind en die SDK het, na deeglike oorweging, geen geldige redes gevind om die verhore uit te stel nie. Kennisgewings van die bevindinge van die Komitee is aan elkeen van die studente en die regsverteenwoordiger van twee van die studente, nadat die verteenwoordiger onttrek het van een van die student nadat die student se verhoor reeds gefinaliseer is, gestuur.
Een student is skuldig bevind aan ʼn aantal baie ernstige oortredings en permanent uit die US geskors (dus uitsetting uit die US). Ander studente is ook skuldig bevind aan ernstige oortredings, maar nie op dieselfde vlak as eersgenoemde nie. Hulle is vir bepaalde periodes uit die instelling geskors, met addisionele voorwaardes daaraan gekoppel, onder meer gemeenskapsdiens.