
Die Matie raap ATKV-Mediaveertjie vir beste studentekoerant op
Die Matie het met die ATKV-Mediaveertjie vir beste studentekoerant weggestap by 'n geleentheid wat op 12 Mei in die Lyric-teater by Gold Reef City, Johannesburg gehou is. Die koerant vier vanjaar sy 75ste bestaansjaar.
Dié geleentheid gee erkenning aan besondere bydraes tot Afrikaanse media.

"Dit beteken ons is nie altyd gewild nie en ons maak ook nog foute, maar ons streef altyd daarna om beter te doen," voeg sy by.
Noord-Wes Universiteit ('Pukke') se Wapad was die ander finalis in hierdie afdeling.
"Baie geluk aan Eugenie en haar span, en almal wat haar ondersteun en gehelp het, veral ook oud-redakteur en mentor vir vele, Jacolette Kloppers. Die Matie het in sy 75ste jaar bewys hoe belangrik 'n kampuskoerant is om al die stemme van 'n nuwe generasie te laat hoor. Welgedaan, Eugenie, mag die erkenning jou en jou span vanjaar ook inspireer tot nog hoër hoogtes," sê Prof Lizette Rabe, voorsitter van die Departement Joernalistiek by die Universiteit Stellenbosch.
Foto: Eugenie Gregan met Die Matie se toekenning. Fotograaf: Jurgen Marx