Skip to main content
Deeltydse konsultantposte beskikbaar

Deeltydse konsultantposte beskikbaar

Anne-Mari Lackay
26 Augustus 2016

Nagraadse studente wat by die Universiteit Stellenbosch (US) geregistreer is, word uitgenooi om aansoek te doen om deeltydse konsultantposte by die US Taalsentrum se Skryflaboratorium. Hierdie poste is beskikbaar vir 2017. Aansoeke van M- en D-studente sal voorkeur geniet.

Studente vanuit alle fakulteite word aangemoedig om aansoek te doen.

Die konsultante se pligte sluit die volgende in:

Individuele konsultasies met studente oor hul skryfwerk

Deelname aan die skryfkonsultantopleidingsprogram

Hulp met bemarking en profilering van Skryflaboratorium se konsultasiediens

Bywoning van gereelde vergaderings/gesprekke met die hoofde van die Skryflaboratorium

Tweetaligheid in Afrikaans en Engels kan voordelig wees, maar is nie 'n vereiste nie.

Rig navrae aan me Anne-Mari Lackay by 021 808 2989 of [email protected]. E-pos jou CV aan me Lackay of stuur dit na die US Skryflaboratorium te Crozierstraat 22, Stellenbosch 7600.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 September 2016