Skip to main content
AvOL 2019: Sluitingsdatum vir indiening van abstrakte uitgestel tot 23 Augustus 2019

AvOL 2019: Sluitingsdatum vir indiening van abstrakte uitgestel tot 23 Augustus 2019

Thukela Bekwa
08 Augustus 2019

Neem asb. kennis die sluitingsdatum vir die indiening van abstrakte vir die 2019 AvOL konferensie uitgestel is tot Vrydag 23 Augustus 2019.

Die Universiteit van Stellenbosch (US) se jaarlikse konferensie oor die Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL) sal op 29 en 30 Oktober plaasvind. Voorkonferensiewerkswinkels sal op 28 Oktober 2019 aangebied word. Die konferensie sal weer by die Lord Charles Hotel, Somerset-Wes gehou word, en is gratis vir US akademici.

Die 12de konferensie se tema is “(Jou) Onderrig Maak Saak @ US".

Die konferensie poog om alle aspekte van onderrig en leer by die US in ʼn oop, ondersteunende en intellektueel prikkelende atmosfeer te adresseer. Dit bied ʼn platform waartydens akademici beste praktyke, navorsingbevindings en innoverende idees oor onderrig en leer kan deel; oor onderrig en leer metodes, tendense en doelwitte binne die huidige konteks kan reflekteer en debatteer; en onderrig en leer vier.

Registreer asb. vir die konferensie en dien jou abstrak voor 23 Augustus 2019 hier in!

Navrae: [email protected]