
ANO stel publikasie oor US navorsingsleerstoele en Sentrums van Uitnemendheid bekend
Die Afdeling Navorsingsontwikkeling aan die Universiteit Stellenbosch (US) het in Junie 2021 'n boekie oor die US se navorsingsleerstoele en Sentrums vir Uitnemendheid bekendgestel.
Die boekie is daarop gemik om meer inligting te verskaf oor die fokusareas en aktiwiteite van die verskillende navorsingsleerstoele en sentrums vir uitnemendheid wat aan die US aangebied word.
Die boekie toon die uiteenlopendheid van die US se navorsingskundigheid en unieke sterkpunte wat bestaan binne samewerkende navorsingsinisiatiewe wat goed ontwikkel is en wat aansienlik bydra tot die US se internasionale sigbaarheid, uniekheid en mededingende voordeel. Op hierdie gebiede het die US unieke kundigheid en kritieke massa om vooraanstaande navorsing te doen en nagraadse studente op te lei. 'n Beduidende aantal van hierdie gebiede hou verband met ons huidige navorsingsleerstoele en sentrums vir uitnemendheid.
"Ons Navorsingsleerstoele en Sentrums van Uitnemendheid maak dit moontlik om navorsingsuitnemendheid en plaaslike en internasionale kapasiteit verder te ontwikkel. Dit dra by tot die ontwikkeling van die US as `n leier op die Afrika kontinent en as `n voorkeur kennisvennoot", verduidelik Maryke Hunter-Hüsselmann, Direkteur: Navorsingsinligting en Strategie aan die US.
Die Universiteit huisves tans 47 navorsingsleerstoele aan, waarvan 28 val binne die South African Research Chair Initiative (SARChI), gefinansier deur die Departement van Wetenskap en Innovasie, via die Nasionale Navorsingstigting. Dit spog ook met sewe Sentrums van Uitnemendheid.
'n Virtuele kopie van die boekie is beskikbaar by: https://tinyurl.com/chairs-coe