Skip to main content
Ere-Matie Diana Ferrus dankbaar om deel van US se storie te wees

Ere-Matie Diana Ferrus dankbaar om deel van US se storie te wees

Corporate Communication & Marketing / Korporatiewe Kommunikasie & Bemarking [Alec Basson]
07 April 2022

​Die gevierde Suid-Afrikaanse skrywer, digter en aktivis, Diana Ferrus, is vandeesweek deur die Universiteit Stellenbosch (US) met ʼn eredoktorsgraad by sy herfsgradeplegtigheid vereer. Sy het Woensdag (6 April 2022) die graad Doktor in die Wysbegeerte (DPhil), honoris causa, by ʼn kontakgradeplegtigheidseremonie vir die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe ontvang.Die US het die eregraad aan Ferrus verleen omdat sy haar skryfwerk en poësie gebruik om op te voed en te bemagtig, haar aan die ontwikkeling van 'n nuwe geslag skrywers toewy, en haar kuns benut om ook aan ander 'n uitlaatklep te bied. 

  • Selfoongebruikers klik hier vir video.
Ferrus het in haar aanvaardingstoespraak die belangrikheid van stories in ons lewens beklemtoon en gesê stories kom van iewers en bring ons bymekaar.“Wat vertel die storieverteller? Wat is die doel van die storieverteller? Die storieverteller verbind die verlede met die hede, verskaf stof tot nadenke vir die toekoms."Ferrus het haar dank teenoor die uitgespreek US vir die feit dat sy nou aan die instelling se storie verbind is, en die geleentheid gegun is om die instelling deel te maak van haar storie.“In die geheel gesien, is ek dankbaar dat ek 'n naam in julle storie sal hê. Stories bevat soveel karakters sonder name.Storievertellers moet nooit name vergeet nie, [hulle] moet name laat herleef, moet hulle name verbeel, moet altyd probeer om die volledige storie te vertel. Dit is net deur ons stories te vertel dat ons onsself van innerlike gevangeneskap kan bevry."Volgens Ferrus ontmoet ons mekaar in ons stories en is dit die plek waar ons die waarheid en versoening sal vind. Sy het haar aanvaardingstoespraak afgesluit met 'n kort gedig oor “bloedbande".Meer oor FerrusDiana Ferrus se werk allerweë vir die politieke impak daarvan erken word. Sy het op Worcester in die Wes-Kaap grootgeword en op 14-jarige ouderdom reeds oor haar persoonlike ervarings begin skryf. Sedertdien het haar werk oor rasse-, identiteits-, gender-, klas- en versoeningskwessies vele toekennings ingepalm. Ferrus het onder andere lof ingeoes vir die gedig “I've come to take you home" wat sy geskryf het vir Sara Baartman, 'n Khoi-Khoi-vrou wat in 19de-eeuse Europa as 'n attraksie in fratsvertonings gebruik is. Die gedig is deels 'n oorwinningslied, en deels 'n veroordeling van die mishandeling wat Baartman moes verduur. Dit is voorgelees in die Franse Senaat toe lede die repatriasie van Baartman se oorskot bespreek het. Die gevolglike eenstemmige besluit om Baartman se oorskot aan Suid-Afrika terug te besorg word grootliks aan dié gedig toegeskryf. Ferrus het na Frankryk gereis en die gedig voorgedra by die formele oorhandiging van Baartman se oorskot, wat sy daarna terug huis toe vergesel het. Boonop is sy 'n sterk kampvegter vir kreatiewe skryfwerk as 'n werktuig vir self- en sosiale ondersoek, en bied sy kreatiewe skryfsessies vir leerders en volwassenes aan om hulle aan te spoor om oor hulle verhale te skryf. Haar werk het al in verskeie bundels verskyn en van haar tekste is vir hoërskoolleerders voorgeskryf.Foto: Diana Ferrus by die gradeplegtigheid. Fotograaf: Stefan Els