189 resultate gevind
Stampvol gradeplegtigheidsweek vir US met rekordoes kwalifikasies
Die Universiteit Stellenbosch sien uit na 'n baie besige gradeweek en is besig met voorbereidings om 5 865 kwalifikasies – die hoogste aantal Desember-graduerings in die geskiedenis – by 13 gradeplegtighede toe te ken. Die gradeplegtighede...
Wes-Kaap se voorste onderwyser ontvang meesters by Universiteit Stellenbosch
Die Wes-Kaap se voorste onderwyser, Llewellyn van der Ross, het nooit ʼn loopbaan in die onderwys beplan nie. “Ek het nie onderwys gekies nie, onderwys het my gekies," sê hy oor die “openbaring" wat hy in graad 12 gehad het en wat...
Veerkragtigheid die sleutel tot beter omstandighede
Wanneer 'n mens Dumisani Hompashe ontmoet en na sy verhaal luister, kom die woord “veerkragtigheid" werktuiglik by jou op. Want veerkragtigheid is soos 'n silwerdraad deur sy hele lewe vervleg, van kleintyd tot sy deeltydse PhD-studie in...
Rekordgetal kwalifikasies in 2020 ondanks COVID-19 uitdagings
Die Universiteit Stellenbosch (US) het sy eie rekord verbeter vir die meeste kwalifikasies wat tot nog toe in 'n akademiese jaar by die instelling toegeken is. Volgens die jongste syfers het die Universiteit in 2020 altesaam 9 234 grade...
Hibridiese Desember-gradeplegtighede vier akademiese sukses ondanks moeilike 2021
Die Universiteit Stellenbosch (US) ken vanjaar 5 629 kwalifikasie toe by sy hibridiese gradeplegtighede van 13–16 Desember 2021. Dit sluit in 'n rekord-getal van 677 meestersgrade – die meeste die afgelope tien jaar. 'n Rekord-getal van...
Maart-gradeplegtighede
Die Universiteit Stellenbosch (US) ken vanjaar 3 055 kwalifikasies by sy Maart-gradeweek toe wat van Maandag 27 Maart tot Vrydag 31 Maart 2023 duur. Die Maart-gradeplegtighede bring die Universiteit se 2022-gradesiklus tot ’n einde...
Opkomende basketbalster gradueer nadat hy volbaanpers op studies toepas
Deur uitdagings op die basketbalbaan te oorkom, het dit die opkomende sportster Lutho Skweyiya gehelp om ook ’n dompelskoot in die akademiese arena aan te teken. Die Maties Sportman van die Jaar vir 2023 het 14 Desember sy nagraadse...
Ma ken seun se graad met trots toe
Die vreugdevure wat met gradedag gepaard gaan, verbloem soms die fel stryd wat studente en hul gesinne moet voer om die eindstreep te haal. Vir Kayden Carelse was 14 Desember, toe ʼn honneursgraad in logistiek aan hom toegeken is, ʼn...
Pasgegradueerde ingenieur wil US-vaardighede oordra
Wanneer Kabelo Tlhabadira in Januarie na die dorp Kathu in die Noord-Kaap verhuis om sy loopbaan as siviele ingenieur-in-opleiding by die Sishen-myn te begin, sal hy deur sy jonger broer Onalenna vergesel word. Die hoofrede vir die...
Nóg ’n pluimpie vir US se taaltowenaar
Wanneer jy 'n artikel op die Universiteit Stellenbosch (US) se webtuiste of 'n nuusbrief of kennisgewing van die instelling lees, het die redigeerder en vertaler Elsabé Grauso dit waarskynlik onder oë gehad. Kollegas wonder dalk waarom dié...