
Skrywersresidensie in Amsterdam
22 Mei 2024
Dr Alfred Schaffer, 2021-wenner van die PC Hooft-prys, is tans op uitnodiging van die Nederlands Letterenfonds en Poetry International in Nederland. Hy is vanaf 1 Mei tot 14 Junie in Amsterdam vir ’n skrywersresidensie en sal as een van die feesdigters by die 54ste Poetry International-fees optree.