Skip to main content
Die bevordering van `n meer holistiese gebruik van SUNLearn vir studenteontwikkeling

Die bevordering van `n meer holistiese gebruik van SUNLearn vir studenteontwikkeling

Lianne Keiller
30 April 2019

Universiteit Stellenbosch se doel is om `n transformerende studente-ondervinding en `n netwerkgerigte en meewerkende leer-en-onderrig omgewing te skep. Hierdie is twee van die kerntemas van die institusionele strategiese raamwerk. Deelname aan die ko-kurrikulum is geidentifiseer as een van die metodes waardeur die US-gemeenskap hierdie strategiese doelwitte kan bereik.  

Deur middel van die programme wat aan die US Graduandi-bepalings gekoppel is en deur die ko-kurrikulum eenheid aangebied word, word studente en personeel op `n individuele vlak verskeie geleenthede om die vaardighede en bevoegdhede, wat hulle benodig ter voorbereiding vir hulle werk by Universiteit Stellenbosch, gebied. 

Te danke aan samewerking tussen Akademiese IKT, die Ko-kurrikulum kantoor en die Sentrum vir Leer-en-Onderrig, is die omvangryke ko-kurrikulum-raamwerk nou beskikbaar op SUNLearn. Dit sal dosente en fasiliteerders van geregistreerde akademiese en ko-kurrikulêre kursusse in staat stel om bevoegdhede aan spesifieke aktiwiteite toe te ken. Studente sal bewyse van die werk afgehandel om te voldoen aan hierdie bevoegdhede binne `n leerplan te kan koppel aan `n spesifieke graad. Bevoegdhede voltooi deur elke student sal gevoeg word by die akademiese afskryf by graduering d.m.v. `n proses wat deur die Ko-kurrikulum en Registrateur se kantoor geloop word. 

Die US Bevoegdheidsraamwerk bestaan uit 4 areas waarbinne graduandi verwag word om hulle verskeie vaardighede te bewys. Hierdie bevoegdheidsraamwerk bevorder die onwikkeling van die graduandi-bepalings wat in gebruik geneem is deur die Universiteit. 

  1. Persoonlike vaardighede 

  1. Emosionele intelligensie 

  1. Persoonlike leierskap 

  1. Kritiese denke 

  1. Persoonlike groei en vorming 

  1. Mensevaardighede 

  1. Interpersoonlike vaardighede 

  1. Interpersooonlike kommunikasie 

  1. Sosiale intelligensie 

  1. Kruis-kulturele bevoegdheid 

  1. Leierskap 

  1. Toegepaste kennis 

  1. Nuwe en aangepaste denke 

  1. Kognitiewe las-bestuur 

  1. Verstaanbaarheid 

  1. Burgerlike geletterdheid en grondwetlikheid 

  1. Vaardighede in die werkplek 

  1. Projekbestuur 

  1. Tegnologiese geletterdheid 

  1. Ontwerpdenke 

  1. Bronbestuur 

  1. Voorbereid op diensbaarheid 

`n Aantal kursusse spesifiek tot die Ko-kurrikulum sal gefasiliteer word deur spesiaal opgeleide fasiliteerders op SUNLean. Die Ko-kurrikulum kantoor sal opleiding en addisionele inligting aan dosente verskaf indien hulle geinteresseerd is om hierdie bevoegdhede by te werk in hulle eie modules.  

Ruth Andrews, Bestuurder: Ko-kurrikulum het die volgende gesê oor die nuwe inisiatief:  

“Universiteit Stellenbosch implementeer tans `n stelsel wat studente sal voorberei daarop om die globale gekompliseerdhede met deeglike akademiese vermoëns, sowel as ko-kurrikulum bevoegdhede, te navigeer en `n kompeterende voordeel te bied aan US-studente wanneer hulle gradueer. Die US-graduandi is die eerste studente in Suid-Afrika wat aan werknemers akademiese transkripsies met bewyse van bevoegdheid sal kan bied.” 

Die Leer-en-Onderrig stelselspan (Akademiese IT) wil graag dosente en studente aanmoedig om hierdie nuwe funksie op SUNLearn te gebruik. Dit sal nie slegs tot voordeel van studente se ontwikkeling strek nie, maar sal ook dosente aanmoedig om die platform te gebruik vir die holistiese en effektiewe persoonlike leeromgewing waarvoor dit bedoel is.  

Opleiding vir dosente sal beskikbaar is via die SUNLearn ondersteuningspan met toegewyde opleiding gefasiliteer deur die Ko-kurrikulum kantoor. 

Vir meer inligting, kontak asseblief die Ko-kurrikulum kantoor. 

Pule Mochichane: [email protected] 

Ruth Andrews: [email protected]