Taalondersteuning
Alle kursusmodules word in beide Afrikaans en Engels aangebied, tot die einde van die derde studiejaar. Spesifiek:
- Alle eerstejaarlesings word in parallelle Afrikaanse en Engelse klassessies aangebied.
- Alle tweede-, derde- en vierdejaarlesings word óf parallel in Afrikaanse en Engelse klassessies aangebied óf word vertaal (na Engels of na Afrikaans, soos toepaslik) met professionele fluistervertaaldienste intyds.
Spesiale taalvaardigheidsmodules word aangebied vir daardie studente wat nie goed genoeg in die akademiese geletterdheidstoetse presteer nie. Alle toets- en eksamenvraestelle en ook alle opdragte word egter in beide Afrikaans en Engels opgestel en studente is vry om enige referaat of opdrag in Afrikaans óf Engels te skryf en ook om met dosente in enige van die tale te kommunikeer.