Breadcrumb
Research Publications
Stellenbosch Papers in Linguistics (Plus)
Die departement is uniek in Suid-Afrika in die sin dat dit twee eweknie-geëvalueerde taalkundetydskrifte publiseer: Stellenbosch Papers in Linguistics (sedert 1978) en Stellenbosch Papers in Linguistics Plus (sedert 1980). Beide tydskrifte is geakkrediteer deur die Nasionale Departement van Onderwys, en was ook die eerste tydskrifte wat elektronies gepubliseer is op die Stellenbosch Biblioteekdienste SUN Journals Open Access-gasheerplatform.
SPiL Plus het ontstaan as 'n aanvulling op Stellenbosch Papers in Linguistics (SPiL). Die SPiL Plus-reeks het twee hoofdoelwitte. Eerstens dien dit as 'n voertuig vir die verspreiding van nuwe en relatief ontoeganklike inligting op die gebied van moderne taalkunde. Tweedens is dit daarop gemik om kritiese bespreking in Suider-Afrikaanse taalkunde te stimuleer.
SPiL Plus is 'n jaarlikse/tweejaarlikse ooptoegang, eweknie-geëvalueerde internasionale tydskrif, uitgegee deur die Departement Algemene Taalkunde, Universiteit Stellenbosch. Die artikels wat in SPiL Plus gepubliseer word, is hoofsaaklik bedoel vir akademici met 'n belangstelling in taalkunde en verwante dissiplines in Suider-Afrika. SPiL Plus bied 'n platform vir akademici om kennis te deel in die vorm van hoëgehalte empiriese en teoretiese navorsingsartikels, gevallestudies, literatuuroorsigte en boekresensies.
Die twee tydskrifte is toenemend die voorkeurforum vir taalkundige publikasies in Suid-Afrika.
Die indien van bydraes, kommentaar op artikels (in Engels of Afrikaans) en die aanmelding vir die poslys kan aanlyn gedoen word.
Besturende Redakteur
Dr K Huddlestone
Redakteur
Prof E Bylund
Prof F Southwood
Dr M Oostendorp
Redaksie
Prof E Alant (University of Pretoria)
Dr T Biberauer (Cambridge University)
Prof Roger Lass (University of Cape Town)
Prof R Mesthrie (University of Cape Town)
Prof P Mülhäusler (University of Adelaide)
Prof P Roberge (University of North Carolina)
Prof PAM Seuren (Max Planck Institute, Nijmegen)
Prof J Zeller (University of Kwa-Zulu Natal)
Ons artikels en publikasies
Kyk waarmee ons besig was deur deur ons artikels en publikasies te gaan
** Binnekort beskikbaar**