Skip to main content

MA & PhD

MA & PhD in Drama- en Teaterstudie

Waar onafhanklike navorsing by kreatiewe innovasie aansluit

Is jy gereed om oorspronklike kennis tot die veld by te dra? Ons nagraadse navorsingsprogramme is ontwerp vir vakkundiges en praktisyns wat die grense wil verskuif van wat drama, teater, en performance in die 21ste eeu kan wees en doen. Of jy nou bestaande praktyke wil uitstippel, of baanbrekerswerk via totaal nuwe benaderings wil onderneem, jy gaan met toonaangewende navorsers saamwerk wat begryp dat die toekoms van teater en performance by die kruispunt van tradisie en innovasie lê.

MA in Drama- en Teaterstudie-program

Programkode: 54267-879 (180 krediete | NKR 9)

Gevorderde Navorsing & Kreatiewe Praktyk

Veral geskik vir gegradueerders wat graag die volgende wil vermag:

  • Onafhanklike navorsingsvermoëns wil ontwikkel terwyl kreatiewe praktyk voortgesit word
  • Verkenningswerk wil doen oor hoe om uitvoerende kunste-teorie in geleefde artistieke werk te vertaal
  • Betekenisvolle vakkundigheid tot die Suid-Afrikaanse teaterdiskoers wil bydra
  • Vir PhD-studie of gevorderde professionele praktyk wil voorberei.
Navorsingsgeleide leer

Dit is nie kursuswerk met ’n tesis as nagedagte daarby nie. Jou tesis wat 180 krediete behels (ongeveer 35 000 tot 45 000 woorde) vorm die essensie van jou graad en word deur metodologiese opleiding ondersteun, wat verseker dat jy navorsing kan uitvoer wat ’n impak lewer.

Performance-gesentreerde benadering

Terwyl daar voortgebou word op die grondslag wat in die honneursprogram gelê is, verskuif die klem in die magisterprogram na onafhanklike navorsing en kreatiewe werk. Jy bestudeer nie net teater, film en performance nie; jy ondersoek hoe dit funksioneer, wat dit bereik, en waarheen dit lei.

Programstruktuur

Sleutelkomponent:

  • Tesis in Drama- en Teaterstudie (180 krediete)
    • Onafhanklike navorsingsprojek onder kundige studieleiding
    • Kan integrasie van teoretiese ondersoek by kreatiewe praktyk insluit
    • Oorspronklike bydrae tot kennis in jou gekose veld

Bykomende vereiste (indien van toepassing):

  • Voltooi die 10-krediet HonsBA-module: Inleiding tot Navorsingsmetodologie
    • Slegs vereis vir studente wat nie oor ’n HonsBA van die Universiteit Stellenbosch beskik nie.
    • Verseker dat alle studente oor ’n ekwivalente metodologiese grondslag beskik.

Toelatingsvereistes

  • Akademiese Standaard: 60% gemiddeld in HonsBA Drama (of Senaat-goedgekeurde ekwivalent)
  • Navorsingsgereedheid: Goedgekeurde navorsingsvoorstel wat lewensvatbare projek demonstreer
  • Oorkruis-institusionele verwelkoming: Ons moedig aansoeke van gegradueerdes van ander Suid-Afrikaanse universiteite daadwerklik aan.

Kontak en navrae

Programleier: Dr Schalk van der Merwe

  • E-pos: [email protected]
  • Telefoon: 021 808 3546 (direk) of 021 808 3216 (algemene kantoor)

Wat maak ons MA-program so besonders?

  • Projekgebaseerde goedkeuring: Jou spesifieke navorsingsprojek moet goedgekeur word, wat relevante, haalbare, en innoverende werk verseker.
  • Buigsame metodologie: Tradisionele navorsing, praktyk-as-navorsing (PaR), of hibriede benaderings word verwelkom
  • Fakulteitskundigheid: Studente word volgens hulle navorsingsveld en metodologiese benadering by studieleiers geplaas.

PhD in Drama- en Teaterstudie-program

Programkode: 54267-978 (360 krediete | NKR 10)

Neem die voortou met innovasie in teaternavorsing

Ons PhD-program erken dat die mees oortuigende teaternavorsing plaasvind wanneer kreatiewe prosesse en teoretiese werk mekaar inlig. Jy kan tradisionele teoretiese navorsing uitvoer of geïntegreerde studies ontwikkel wat oorspronklike kreatiewe werk met akademiese ondersoek kombineer.

Drie navorsingsbane

Tradisionele proefskrif-baan:

  • Navorsing wat op ’n geskrewe proefskrif uitloop
  • Diepgaande vakkundige ondersoek van jou gekose navorsingsvraag
  • Bydrae tot akademiese kennis deur kritiese analise en beredenering
  • Kan ook praktyk-as-navorsing (PaR) en kreatiewe navorsingsmetodologieë insluit

Geïntegreerde kreatief-teoretiese baan:

  • Kombineer oorspronklike kreatiewe werk met teoretiese navorsing
  • Kreatiewe komponent moet as argivale bron vir toekomstige navorsers toeganklik wees
  • Beide elemente word beoordeel as ’n verenigde bydrae tot kennis
  • Ideaal geskik vir praktyk-as-navorsing (PaR) en praktykgeleide metodologieë

Gepubliseerde proefskrif-baan:

  • Versameling van eweknie-geëvalueerde vakkundige artikels wat volgehoue navorsingsuitnemendheid demonstreer
  • Verenigde tematiese benadering oor verskeie publikasies heen
  • Demonstreer die vermoë om by die internasionale vakkundige gemeenskap betrokke te raak
  • Omvat ’n uitgebreide inleiding wat die artikels as ’n samehangende navorsingsprogram kontekstualiseer
  • Ideaal geskik vir kandidate wat akademiese loopbane volg of navorsingsprofiele bou

Toelatingsvereistes

  • ’n Meestersgraad met opleiding in Teaterstudie en/of Teaterkuns of Teatervaardighede, of ’n aanvaarbare ekwivalente kwalifikasie wat deur die Senaat goedgekeur is, en ’n goedgekeurde navorsingsvoorstel.
  • Indien jy nie oor ’n HonsBA in Drama- en Teaterstudie van die Universiteit Stellenbosch se Dramadepartement beskik nie, kan jy, op aanbeveling van die studieleier, versoek word om die volgende aanvullende HonsBA-module te neem en te slaag: Inleiding tot Navorsingsmetodologie.

Sluitingsdatum vir aansoeke

Doen aansoek teen 30 November van die voorafgaande jaar. Registrasie kan slegs plaasvind ná die indiening en goedkeuring van ’n navorsingsvoorstel.

Kontak die Departement so gou doenlik om te verseker dat daar ’n geskikte studieleier beskikbaar is vir jou studie.

Kontak en navrae

Programleier: Dr Schalk van der Merwe

  • E-pos: [email protected]
  • Telefoon: 021 808 3546 (direk) of 021 808 3216 (algemene kantoor)

Navorsingvelde en kundigheid

Ons akademiese personeel lei navorsing oor uiteenlopende velde, ingesluit:

  • Performance-analise & Semiotiek
  • Toegepaste Teater & Gemeenskapsbetrokkenheid
  • Digitale Performance & Nuwe Media
  • Suid-Afrikaanse Teatergeskiedenis & Historiografie
  • Fisiese Teater & Beliggaamde Praktyk
  • Stem- en spraakstudie & Vokale Optrede
  • Kinderteater & Opvoedkundige Optrede
  • Teateretnografie & Kulturele Studie
  • Kreatiewe Skryfwerk & Toneelskryfstudie
  • Teaterregie & Medewerkende Praktyk
  • Filmstudie
  • Hoër Onderwys & Kurrikulumontwikkeling