Breadcrumb
Nagraadse Studies
Departement BEDRYFSINGENIEURSWESE
NAVORSINGSGEBIEDE
Die Departement Bedryfsingenieurswese beskik oor die volgende navorsingsgroepe. Nietemin is navorsingsprojekte nie tot hierdie onderwerpe beperk nie. Navorsing kan in die konteks van hetsy die program Bedryfsingenieurswese of Ingenieursbestuur onderneem word.
Ingenieursbestuur sluit terreine soos projek-, risiko-, innovasie-, gehalte- en prestasiebestuur sowel as algemene haalbaarheidstudies in:
- Ondernemingsingenieurswese
Die ontleding van ondernemings (ontwerp, implementeer, bedryf), waaronder kennis- en inligtings-, innovasie-, finansiële en tegnologiebestuur.
- Volhoubare Stelsels
Die oorgang na ’n meer volhoubare ekonomie en samelewing, waarin die bestuur van infrastruktuur/tegnologie, waaronder die beplanning en ontwerp daarvan, deurslaggewend sal wees.
- Gesondheidstelselsingenieurswese
Die ontwikkeling van vernuwende, ingenieursgebaseerde oplossings vir die uitdagings van die gesondheidsektor. Die navorsingsgroep konsentreer veral daarop om beter gesondheidsorglewering in die openbare sektor in Afrika suid van die Sahara te fasiliteer.
- Innovasie vir Inklusiewe Ontwikkeling
Ontleding, ontwikkeling en evaluering van inklusiewe innovasies, inklusiewe innovasiestelsels en innovasieplatforms. Die doel is om te verken hoe innovasie vir inklusiewe ontwikkeling oplossings vir samelewingsprobleme (toegang tot skoon water, gesondheidsorg, finansiële dienste, ensovoorts) kan voorsien. - Benefisiëring van minerale
Ondersoek hoe mineraalryke lande hulle minerale optimaal kan benut om volhoubare ontwikkeling te verseker.
NAGRAADSE KWALIFIKASIES
NAGRAADSE DIPLOMAS
MAGISTERGRADE
- Magister in die Ingenieurswese (MIng) (Gestruktureerd) in Bedryfsingenieurswese Fokus: Datawetenskap)
- Magister in die Ingenieurswese (MIng) (Gestruktureerd) in Ingenieursbestuur
- Magister in die Ingenieurswese (MIng) (Navorsing) in Bedryfsingenieurswese
- Magister in die Ingenieurswese (MIng) (Navorsing) in Ingenieursbestuur
DOKTORALEGRADE
Nagraadse Bestuurder: Meester se navorsingsprogramme
Me Melinda Rust
+27 21 808 4295