
USB50-boek: Spesiale prys vir beperkte tydperk
02 Februarie 2016
Die Universiteit van Stellenbosch Bestuurskool (USB) is vanjaar in sy 52ste bestaansjaar as verskaffer van topgehalte sakeopleiding.
Die USB50-boek, wat in 2014 saamgestel is om die Skool se 50ste bestaansjaar te vier, is nou vir 'n beperkte tydperk teen 'n spesiale prys beskikbaar. Die boek vertel die USB se storie in teks en foto's en vang die gees van die USB vas deur studente, personeel, alumni en ander. Spesiale prys vir beperkte tydperk (kies tussen sagteband en hardeband):
- Die sagtebandboek kos nou R280 per eksemplaar (was R330)
- Die hardebandboek kos nou R520 per eksemplaar (was R650)
- Die posgeld en verpakking beloop R30 (jy kan ook jou boek by die USB kom afhaal)
- Jy kan met jou kredietkaart of deur middel van elektroniese fondsoorplasing betaal.
Aanbod geld tot 29 Februarie 2016.
Bestel by http://new-usb.belpark.sun.ac…;