
Plante kan Afrika se wildlewe-ekonomie ‘n hupstoot gee
Plante kan Afrika se wildlewe-ekonomie 'n hupstoot gee
'n Gespreksessie oor die rol wat wilde plante kan speel in die ontwikkeling van 'n wildlewe-ekonomie in Afrika is onlangs aangebied deur die Afrika Wildlewe-ekonomie Instituut (AWEI) wat in die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit AgriWetenskappe gesetel is. Onder die gesprekspunte was die ontwikkeling van 'n mark vir baobabprodukte, die sertifisiering van plantprodukte wat uit die natuur geoes word, en die benutting van mangliete (wortelboommoerasse) as 'n belangrike bron vir koolstofsekwestrasie. Die proses wat in die rooibosindustrie gevolg is om benuttingsregte vir gemeenskappe in die Cederbergomgewing te verkry, is ook bespreek.
Wêreldwyd word sowat 60 000 plantspesies vir medisinale redes gebruik. Onder hulle is 26 000 se medisinale en aromatiese nut is behoorlik gedokumenteer. Slegs 19% van alle bekende medisinale plante se bewaringstatus is bekend, met 10% wat as bedreig beskou word.
Die sprekers was mnr. Gus le Breton van die Afrika Baobab Alliansie, prof. Francis Vorhies, direkteur van die AWEI, mnr. Sobanto Mzwakali, programkoördineerder van Resource Africa, en me. Deborah Vorhies, interim bestuurder van die AWEI wat onlangs aangestel is as die hoof- uitvoerende beampte van die FairWild Stigting.
Lees die volledige artikel in Engels