Skip to main content

GEREEDSKAPSKIS: Visie 2040 en Strategiese Raamwerk 2019–2024

Visie 2040 en die Strategiese Raamwerk 2019–2024 gee uiting aan die posisionering van die Universiteit Stellenbosch (US) as Afrika se voorste navorsingsintensiewe universiteit, met ’n globale reikwydte. Die oogmerk van hierdie strategiese raamwerk is om die US se toekomstige posisionering te lei, sy strategie te rig en te illustreer waar en hoe hy geposisioneer is.

How to use this toolkit

Die gereedskapskis bevat aflaaibare elemente wat op verskillende toestelle gebruik kan word, asook die opsie om professioneel gedrukte en gebinde weergawes van sommige van die items te bestel. Daarbenewens is verskeie institusionele skryfbehoefte-items ontwerp. Let asseblief op dat nie alle aflaaibare lêers redigeerbaar is nie en dit moet gebruik word soos dit is. AFRICAN SUN MeDIA kan gekontak word vir die gedrukte en gebinde weergawes van die dokumente en vir skryfbehoeftes, op eie koste.

Toolkit_Download

 

Waar jy hierdie simbool sien, kan die gepaardgaande ontwerp afgelaai word

Toolkit_Print

 

Waar jy hierdie simbool sien, kan die item op bestelling deur AFRICAN SUN MeDIA gedruk word.

Dr Barbara Pool
Strategic Initiatives
+27 21 808 3080

Source document: Vision 2040 and Strategic Framework 2019-2024

Hierdie dokument bevat die benadering, prosesse, konteks en volledige reis wat tot die ontwikkeling van die Visie 2040 en Strategiese Raamwerk 2019–2024 gelei het. Omvattende inligting en beskrywings van die verskillende afdelings van die resultate word ook verskaf.
Hierdie brondokument is vir die gebruik van senior lynbestuurders indien ’n deeglike en omvattende kennis van bovermelde nodig is, soos tydens hoëvlakbeplanning en -inligtingsessies. Hoewel dit hoofsaaklik vir senior lynbestuurders en eksterne belangegroepe bedoel is, kan enigiemand wat graag ’n omvattende kennis van die geheel wil kry, toegang daartoe kry en dit besigtig.

Toolkit_Download

 

Laai tweetalige PDF af

Toolkit_Print

 

Bestel gebinde, tweetalige dokument van AFRICAN SUN MeDIA, op eie koste 

strategic document

Brochure

Hierdie brosjure bied ’n bondige opsomming van die elemente van Visie 2040 en die kern strategiese temas van die Strategiese Raamwerk 2019–2024.
Dit dien as ’n nuttige ‘wegneem’-item vir verwysingsdoeleindes of as ’n inligtings-/bemarkingsinstrument wat op konferensies, vergaderings en ander groepverwante geleenthede uitgegee kan word.

Folded flyer web

PowerPoint presentation

Hierdie brosjure bied ’n bondige opsomming van die elemente van Visie 2040 en die kern strategiese temas van die Strategiese Raamwerk 2019–2024.
Dit dien as ’n nuttige ‘wegneem’-item vir verwysingsdoeleindes of as ’n inligtings-/bemarkingsinstrument wat op konferensies, vergaderings en ander groepverwante geleenthede uitgegee kan word.

power-point-image

A4 conference folder

Hierdie volkleur A4-konferensie-omslae is ontwerp vir alle soorte vergaderings, konferensies en ander verwante doeleindes, en is handig om vir aantekeninge en ander uitdeelstukke te gebruik.
 

Toolkit_Print

 

Bestel konferensie-omslae van AFRICAN SUN MeDIA, op eie koste.    

Folder image

A5 notepads

Universiteit Stellenbosch A5-notablokke met uitskeurblaaie. Ideaal vir daaglikse kantoorgebruik of as uitdeelstukke op konferensies of vergaderings
 

Toolkit_Print

 

Bestel gebinde notablokke van AFRICAN SUN MeDIA, op eie koste.

Notebook image
Notebook image 2