Afdeling Institusionele Strategie, Navorsing en Analise
Wat ons doen
Bestuur van Strategieprosesse: Ons is verantwoordelik vir die bestuur, koördinering, strategiese samehang, evaluering en monitering van jaarlikse en sikliese prosesse wat met die Universiteit se strategie verband hou.
Sentrum vir Strategiese Projekte en Portefeuljebestuur: Hierdie sentrum bevorder die suksesvolle implementering van strategiese instellingsprojekte en veranderingsbestuur.
Geïntegreerde Data-analise: Ons verken en ontleed data, en omskep dit in geïntegreerde inligting wat strategiese, taktiese en operasionele besluitneming regoor die Universiteit versterk.
Inligtingsoorsigbestuur: Ons ontwikkel beleidsrigting deur navorsing en beleidsontwikkeling, implementeer ’n raamwerk vir inligtingsbestuur, monitor institusionele nakoming, en hanteer verantwoordelikhede ingevolge wetgewing soos die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA) en die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA).
Ons Dienste
Bestuur van strategieprosesse
- Strategiese Fonds
- Strategiese beplanning en bestuur
- Waardes in aksie
Bestuur van strategiese projekte en verandering
- Veranderingsbestuurmetodologie
- Kode 2040
- Projekbestuur en Smartsheet
Geïntegreerde data-analise
- Institusionele data
- Nasionale HEMIS-data
- Studentenasporing en -ontwikkeling
- Universiteitsranglys
Inligtingsbestuur
- Beskerming van inligting (verslagdoening van privaatheidsinsidente en databreuke)
- Toegang tot inligting (institusionele toestemmings)
- Privaatheidsbeoordeling
- PAIA-versoeke
- Konsultasie- en adviesdienste