
USB stel prof Mark Smith van Frankryk aan as hoof
16 April 2020
Die Universiteit van Stellenbosch Bestuurskool (USB) het prof Mark Smith (49) as USB se nuwe direkteur aangestel. Hy is tans fakulteitsdekaan by die Grenoble Ecole de Management in Grenoble, Frankryk. Hy sal in Oktober 2020 by USB aansluit.
Prof Smith is 'n ervare akademikus en 'n hoog aangeskrewe navorser. Sy vaardighede sluit die verspreiding van akademiese kennis in. Hy het artikels gepubliseer of bydraes gemaak tot meer as 70 akademiese boeke en tydskrifte. Prof Smith se navorsingsvelde sluit die volgende in: beleid rakende die indiensneming van jeug; die integrasie van etiek dwarsdeur die sakewêreld; gender en die arbeidsmark; die rol van besigheid in sosiale innovasie; en die oorgang vanaf onderwys na die arbeidsmark.
- Om die volledige artikel te lees, kliek hier.
- Foto: verskaf