Skip to main content
Covid-19 bied geleentheid vir massatoetsing vir ander siektes

Covid-19 bied geleentheid vir massatoetsing vir ander siektes

Vuyiseka Dubula & Tracey Naledi
15 April 2020

Die artikel Covid-19 opens a window of opportunity to roll out mass testing for other diseases​ deur Vuyiseka Dubula en Tracey Naledi is op 15 April 2020 in die Maverick Citizen van die Daily Maverick gepubliseer:

Massatoetsing kan so omvattend moontlik gemaak word deur 'n kombinasie van toetse vir TB, MIV en ander onderliggende mediese toestande te bied. Op dié wyse kan ons die dood help voorkom van diegene met onderliggende siektes wat moontlik Covid-19 in die toekoms kan opdoen.

Covid-19 het Suid-Afrika getref terwyl die land reeds onder 'n viervoudige las gebuk gaan: aansteeklike siektes soos TB en MIV; kroniese siektes soos diabetes, hoë bloeddruk en geestessiektes; wanvoeding, moeder- en kindersiektes; asook geweld, waaronder geslagsgebaseerde geweld.

  • Om die volledige artikel te lees, kliek hier​.
  • Foto: Ibrahim Boran op Unsplash​​
  • Vuyiseka Dubula-Majola is die direkteur van die Afrika Sentrum vir MIV-/Vigsbestuur by die Universiteit Stellenbosch en is die voormalige algemene sekretaris van die Treatment Action Campaign.
  • Tracey Naledi is 'n openbare gesondheidspesialis en die voormalige hoofdirekteur van Gesondheidsprogramme by die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid en 'n PhD-kandidaat by die Desmond Tutu MIV-stigting.