Inskrywings vir 2025 is oop!
    10 Februarie 2025
  
    Inskrywings vir 2025 is oop!
Is jy ’n tutor, demi, moduleassistent, leerassistent, onderrigassistent of assesseringsassistent?
Verbeter jou vaardighede en kry akademiese transkripsie-erkenning met die Universiteit Stellenbosch se opleidingskursus in Eweknie-fasilitering van Leer—’n GRATIS opleidingsgeleentheid!
Wat om te verwag:
- Selfgerigte leer (aanbevole voltooiing binne 16 weke)
 - Verbeter jou fasiliterings- en leierskapsvaardighede
 - Ontwikkel professionele en interpersoonlike vaardighede
 - Word ’n geakkrediteerde US-ewekniefasiliteerder
 
📌 Geen aansoek-sperdatums nie—begin enige tyd! (Tensy jou departement of fakulteit anders bepaal.)
📌Voltooi voor middel Augustus vir transkripsie-erkenning.
Hoe om aansoek te doen:
- Doen eers aansoek vir en word aangestel in ’n eweknie-fasilitering- (tutorskap-) geleentheid binne jou departement of fakulteit.
 - Nadat jy deur jou departement of fakulteit aangestel is, moet jy inskryf vir die Eweknie-fasilitering van Leer-opleidingskursus deur die volgende registrasievorm in te vul: https://forms.office.com/r/3H…
 
Vir meer inligting, kontak Johara Khan by [email protected].