Skip to main content
Top navorsers word vereer

Top navorsers word vereer

Media & Communication, Faculty of Science
16 Maart 2016

Vier van die Fakulteit se top navorsers is onlangs met Kansellierstoekennings vereer tydens die Universiteit Stellenbosch se gradeplegtighede.

Die vier akademici is Prof. Dave Richardson, direkteur van die Sentrum vir Indringerbiologie en 'n wêreldleier in sy vakgebied; Prof. Helmut Prodinger, een van die wêreld se voorste navorsers in die moderne analise van algoritmes en analitiese kombinatorika; Prof. Hendrik Geyer, fisikus en direkteur van die Stellenbosch Instituut vir Gevorderde Studies; en Prof. Harald Pasch, chemikus en bekleër van die SASOL-navorsingsleerstoel in die Departement Chemie en Polimeerwetenskap.

Boonop het prof. Prodinger ook tydens die gradeplegtigheid op 16 Maart 2016 'n DSc (doktorsgraad in  Wetenskap) ontvang vir sy hoogstaande bydrae oor dekades heen tot die analise van benaderde telling. Benaderde telling is 'n klassieke tegniek wat in rekenaarwetenskap gebruik word waardeur groot hoeveelhede data hanteer kan word, te midde van beperkte kapasiteit. Vir hierdie graad word reeds gepubliseerde wetenskaplike werk(e) van hoë standaard, wat onder meer 'n wesenlike en hoogstaande bydrae tot die kennis van 'n spesifieke studieveld gelewer het, in ag geneem. Dit volg ná 'n PhD en behels alle navorsing wat oor 'n navorser se loopbaan heen gedoen is.

Nóg 'n hoogtepunt vir 2015 is die toekenning van 'n doktorsgraad in Wiskunde aan Dr Ronalda Benjamins. Dié oud-leerling van Hoërskool Breërivier in Worcester het in 2007 vir 'n BSc in Wiskundige Wetenskappe ingeskryf met die groot droom om, ten spyte van moeilike finansiële en huislike omstandighede, haar doktorsgraad in Wiskunde te verwerf en dan 'n akademikus te word. Sy het in 2015 beide drome bewaarheid. Behalwe vir haar PhD in Wiskunde, is sy ook as lektor in die Departement Wiskundige Wetenskappe aangestel.

Vir 2015 spog die Fakulteit Natuurwetenskappe met 'n rekordgetal van 50 PhDs en die meeste honneursgrade die afgelope vyf jaar – 150 in vergelyking met die vorige hoogtepunt van 136 in 2012.

Meer oor prof. Helmut Prodinger

Prof. Prodinger is een van die vaders van die moderne analise van algoritmes en analitiese kombinatorika. Hy het fundamentele bydraes gemaak tot feitlik elke aspek van hierdie realatief jong navorsingsarea. Veral sy werk oor digitale soekbome was besonder invloedryk. Digitale uitbreidings van verskillende aard speel 'n kardinale rol in verskeie areas van rekenaarwetenskap. Goed gekose geskikte digitale soekbome kan byvoorbeeld gebruik word om die prestasie van algoritmes in elliptiese kurwekriptografie te verbeter.

Prof. Prodinger se werk het ook grootliks bygedra tot die begrip van die asimptotiese eienskappe van digitale soekbome deur die bekendstelling van nuwe tegnieke soos die Mellin-transformasie van die onderwerp. Sy fundamentele navorsingsartikel oor die toepassings van die Mellin-transformasies op digitale somme is alreeds meer as 100 keer aangehaal en is steeds die hoofverwysing op hierdie gebied.

Hy het reeds meer as 300 artikels in eweknie-beoordeelde vaktydskrifte gepubliseer in samewerking met meer as 60 medewerkers wêreldwyd. Volgens Google Scholar is hy reeds 4064 aangehaal en het hy 'n h-indeks van 33, beide besonder hoog vir 'n vakgebied soos Wiskunde.

Hy het ook 'n groot bydrae gelewer tot die wiskundige gemeenskap deur as studieleier op te tree vir 6 PhD-studente in Oostenryk en ongeveer 15 MSc-studente in Oostenryk en Suid-Afrika. Gedurende sy loopbaan het prof. Prodinger samewerkingsooreenkomste bemiddel met jong navorsers wêreldwyd.

Prof. Prodinger het in 1998 na Suid-Afrika verhuis en in 1999 het hy vir die eerste keer 'n A-gradering van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) ontvang. Hy het verskeie toekennings gekry, waaronder die Goue Medalje van die Suid-Afrikaanse Wiskundige Vereniging (SAMS) in 2001; die Visekanselierstoekenning vir Navorsing in 2001 van die Universiteit van die Witwatersrand; en die SAMS-toekenning  vir Navorsingsuitnemendheid in 2003. Sedert 2005 is hy ook ereprofessor aan die Graz Universiteit van Tegnologie. Hy dien in verskeie konferensie-programkomitees, sowel as die redaksies van sommige van die toonaangewendste vaktydskrifte in sy veld, waaronder Theoretical Computer Science.

Meer oor prof. Dave Richardson

Professor David Richardson is a world leader in the field of invasion science and Director of the NRF/DST Centre of Excellence in Invasion Biology (C•I•B) based at Stellenbosch University. He has published 335 peer-reviewed papers and book chapters, including numerous game-changing contributions. In 2009 Scientometrics rated Prof. Richardson the most influential researcher in this field worldwide. Since 2014 he has also been on Thomson Reuter's list of most cited researchers in the field of invasion biology.

One of his major contributions to invasion science, and to ecology in general, has been the thorough development and exploitation of new model systems for the elucidation of all the diverse perspectives that need to be considered to understand and manage invasive species.

Professor Richardson is also one of the pioneers of the field of "conservation biogeography" which seeks to apply biogeographical principles, theories, and analyses to diverse problems related to the conservation of biodiversity. Since 1998 he has been Editor-in-Chief of the premier journal in this field, Diversity and Distributions.

His work has been recognised through the Hans Sigrist Prize for 2006, an award made annually by the University of Berne in Switzerland; in 2007 and again in 2013 he was awarded A1 ratings by the National Research Foundation. He has received several awards in South Africa, notably the 2012 John F.W. Herschel Medal, the top award of the Royal Society of South Africa, and the 2013 Havenga Prize for Life Sciences from the South African Academy for Science and Arts. He serves on several international committees, including the IUCN (World Conservation Union) Species Survival Commission's specialist group on Invasive Species (since 1996). In 2015 he was elected Vice President of the Royal Society of South Africa.

Meer oor prof. Hendrik Geyer

Prof. Hendrik Geyer, direkteur van die Stellenbosch Instituut vir Gevorderde Navorsing (STIAS), het erkenning ontvang vir sy uitnemende bydraes tot die gemeenskap, leierskap in die universiteitsomgewing en beroepsliggame, en uitstekende navorsing. Hy dien as voorsitter van die Departement Fisika, direkteur van die Instituut vir Teoretiese Fisika, en op die raad van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Fisika. Deur sy toewyding kom die Nasionale Instituut vir Teoretiese Fisika (NITHeP) in 2008 tot stand, waar hy as tussentydse direkteur gedien het. Hy is sedert 2008 ook direkteur van die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing (STIAS), waar hy as kampvegter vir interdissiplinêre navorsing optree. Sy navorsing is al met die Alexander von Humboldt-genootskapstoekenning en 'n silwer medalje van die SAIF bekroon.

Meer oor prof. Harald Pasch

Prof. Harald Pasch het hom in 2008 as bekleër van die SASOL-navorsingsleerstoel en hoof van die Polimeerafdeling by die US aangesluit. Gedurende die volgende sewe jaar het hy die analitiese groep in die Departement Chemie en Polimeerwetenskap tot 'n internasionaal erkende sentrum van uitnemendheid in gevorderde polimeerontleding uitgebou. Met meer as 300 portuurbeoordeelde publikasies op sy kerfstok, konsentreer sy huidige navorsing op multidimensionele vloeistofchromatografie, gevorderde spektroskopie, die ontwikkeling van analitiese medtodes vir nanomaterial en hoëdeursetproefnemings. Het het al vir meer as 50 nagraadse studente in Duitsland en Suid-Afrika as studieleier opgetree.