Geïntegreerde metaboliese navorsing

Dr Theo Nell
Navorsingsfokus
Die fokus is die "Mens as Eenheid". Ons fokus hoofsaaklik op lewenstylsiektes waarin metabolisme die sentrale rol speel, maar geïntegreer met ander fisiologiese stelsels en ook interdissiplinêre stelsels. Fisiologiese assosiasies word ondersoek in 'n epidemiologiese sowel as molekulêre/sellulêre benadering. Die navorsingsgroep het 'n baie hoë sosio-gesondheidsimpak met 'n pragmatiese fokus.
Huidige projekte
- Parkinson se siekte
- Diabetes mellitus
- Masjienleer
Vorige projekte
- Menopouse en beengesondheid in plaaswerkende vroue
- Liggaamsvorm en lewenstylverwante kankerrisiko
- Rooibloedsel-vetsuursamestelling in 'n metaboliese sindroompopulasie
- Adipositokienprofiel in 'n metaboliese sindroom-dwarssnitstudie
- Lipokalien en galectien in 'n diabetiese-geneigde populasie
- Anneksien A1-profiele in die konteks van verskillende klasse van vetsug
Wetenskaplike vaardigheidsontwikkeling
- Nagraadse studente word opgelei in Goeie Kliniese Praktyk voordat hulle hul projekte op menslike vrywilligers begin. Daarbenewens word antropometriese opleiding gedoen vir projekte waarin liggaamsdimensies gebruik word om die risiko van sekere leefstylverwante siektes te beskryf
- Ultraklank-beendigtheidsmeting-opleiding word gedoen vir beengesondheidsprojekte
- Alle bloedmonsterontledings word deur nagraadse studente in die laboratorium gedoen (ELISA's)
- Skandeerelektronmikroskopie en konfokale mikroskopietegnieke word vir sommige projekte aangeleer
Publikasies